Article list

Photo: Lephalale: Parke gaan nie gou beter lyk nie

17 February 2012 Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - Personeel tekorte en verouderde toerusting is die rede waarom parke en pad reserwes in Lephalale slegter daarna uitsien as vyf jaar gelede. Dit was die antwoord hierdie week van Kobus Roux wat met sy span van sowat 40 werkers verantwoordelik is vir parke in en om Lephalale. Noordelike Nuus het met hom gesels na aanleiding van verskeie klagtes deur lesers. Hy verduidelik dat gras in parke en pad reserwes minder gereeld gesny word omdat daar vandag minder personeel is wat na ‘n groter gebied moet omsien. Daar bestaan volgens Roux tans verskeie vaktures in die afdeling. “Ons vra elke jaar aan die Raad om meer mense aan te stel, maar die begroting laat dit nie toe nie. Paaie en parke is die twee afdelings in ‘n stadsraad waar die munisipaliteit nie geld genereer nie. Daarom is dit seker nie altyd die nommer een prioriteit wanneer daar geld begroot word nie.” Weens die feit dat die Munisipaliteit tegnies bankrot is asgevolg van uitstaande water-, elektrisiteit- en grondbelastingsgelde en die feit dat dit grootliks afhanklik is van gelde van provinsiale departmente, wat self onder finansiële druk verkeer, meen Roux dat die toestand van parke en pad reserwes nie gou gaan verbeter nie. “Ons doen wat ons kan, maar sonder personeel en nuwe toerusting is dit baie moeilik.”
19 2,1,4,11,1,0,0 0

Photo: Neem ‘n oupa en ouma aan

17 February 2012 Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - “Neem ‘n oupa en ouma in Ellisras aan” is die inisiatief van Linda Rocher, ‘n inwoner van Lephalale met ‘n hart vir bejaardes. Linda het die Facebook groep in Januarie begin om inwoners aan te spoor om uit te reik na bejaardes in die gemeenskap. “Daar is ons dorp baie bejaardes wat bedags alleen by die huis en baie eensaam is. Hulle het geselskap nodig en iemand wat omgee. Iemand wat hulle soms dorp toe kan vat om inkoppies te doen of dokter toe wanneer dit nodig is. Selfs in die ouetehuis is daar mense wat nooit kuiermense kry nie. Hulle het wel geselskap maar nie iemand wat spesiaal vir hulle kom kuier nie.” Die groep moedig mense aan om betrokke te raak by die Maroela oord deur vir ‘n huis verantwoordelikheid te neem. “Ek besoek gereeld huis Bokmakierie om te hoor waar ek kan help, ons soek mense om by ander huise betrokke te raak om te bepaal wat die behoeftes is, verjaarsdae te onthou en gereeld te besoek. Inwoners van Lephalale wat betrokke wil raak kan Linda skakel by 083 653 2095. Almal is ook welkom om ‘n bekenstellings vergadering by te woon by Agape gemeente se kerksaal in Peter Mokaba straat, Donderdag 18h00.
8 0,0,1,2,3,1,1 0

"Boere is te mak," - Mbeki

10 February 2012 Valerie Cilliers
News: Boere moet Cosatu se hulp inroep en die regering konfronteer oor sy grondbeleid. Dit was die mening van politieke ontleder en ekonoom, Moeletsi Mbeki by hierdie jaar se 22ste herdenking van oud president FW de Klerk se 2 Februarie 1990 toespraak, wat in Kaapstad aangebied is.
23 0,2,0,0,1,1,2 0

Pienk vir Pippie!

27 January 2012 Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - Die nuus oor die twee-jarige Isabella (Pippie) Kruger van Lephalale wat op Oujaarsaand erg verbrand het toe ‘n bottel vuuraansteekmiddel naby haar ontplof het, het mense landswyd aan die bid. Ter ondersteuning van klein Pippie het duisende weldoeners onderneem om vandag (Vrydag) pienk te dra.
414 6,8,6,53,6,5,12 0

Isabella steeds kritiek

20 January 2012 Valerie Cilliers
News: Isabella Kruger of Pippie, soos die twee-jarige dogtertjie bekend is aan haar familie en vriende, veg steeds dapper waar sy sedert die begin van Januarie in die Garden City Hospitaal in Brixton vir derde graadse brandwonde oor 80% van haar lyfie behandel word.
470 1,0,4,32,5,6,9 0

Deur Dik en Dun-toer 'n groot sukses!

20 January 2012 Valerie Cilliers
News: “Hierdie toer het ons lewens verander,” vertel Hennie Pepler wat nie uitgepraat kan raak oor die “Deur Dik en Dun met Dolla” Noord Kaap toer nie. Pepler, het saam met Karien van Niekerk, Angie Marais en Stompie Venter, almal van Ellisras, die langpad aangedurf om bejaardes in Zeerust, Vryburg, Kuruman, Upington, Keimoes, Pofadder, Pella, Springbok, Soebatsfontein en Loeriesfontein met musiek te bedien.
15 0,2,0,0,0,0,0 0

Naidoo appointed as MM

20 January 2012 Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - Bob Naidoo (photo) who was initially appointed by the Waterberg Municipality to fill the post of acting Municipal Manager(MM) at the Lephalale Municipality has been permanently appointed as MM by the council at a special council meeting held last Wednesday.
27 1,0,0,0,1,0,0 0

Isabella (2) veg voort na vuur-ongeluk

12 January 2012 Valerie Cilliers
News: Ek wens ek kon vir iemand kwaad wees, maar dit was ‘n fratsongeluk .” So beskryf Anice Kruger die tragiese gebeure van Oujaarsaand op hulle plaas, Friesland, net buite Lephalale waar Kruger se twee-jarige dogtertjie, Isabella, derde graadse brandwonde oor 80% van haar ligaampie opgedoen het.
456 0,5,4,20,5,6,2 0

Los ons wapens - SA Jagters

15 December 2011 Valerie Cilliers
News: Die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het beswaar gemaak teen ‘n algemene stelling dat wapens in private besit in geweld en intimidasie teen vroue en kinders gebruik word. “Dit is ‘n onbillike veralgemening en blatante versinsel,” het Dr. Herman Els, bestuurder van jag en bewaring by SAJWV gesê.
363 1,2,1,1,3,3,1 0

(Kleiner) mall weer op dreef

15 December 2011 Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - Die streekswinkelsentrum wat hierdie jaar in Onverwacht, Lephalale, gebou sou word is na ‘n lang oponthoud weer in die lewe geroep. Henry Bendeman van Uniqon Wonings, een van die aandeelhouers saam met die Moolman Groep en Flanagan & Gerard, het hierdie week aan Noordelike Nuus gesê dat die hoofkontrakteur, Wilson Bayly Holmes, 16 Januarie 2012 op die perseel sal begin. Die winkelsentrum wat op die hoek van Nelson Mandela en Chris Hani-rylaan gebou word se eerste fase sal 13 000m2 wees, aansienlik kleiner as die 32 000m2 ('n R600-miljoen projek) wat aanvanklik beplan is.
173 0,1,0,0,1,0,0 0

Resgen secures water for coal mine

14 December 2011 Valerie Cilliers
News: LEPHALALE -Resource Generation, which was awarded a 30-year mining right for its Boikarabelo mine just outside Lephalale in April 2011, has signed an agreement with the Lephalale Municipality to secure the water required for stage 2 of the planned mine.
81 1,1,1,0,1,0,0 0

Medupi WB loan under fire again

08 December 2011 Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - Members of the Lephalale community - whose identities are being protected by an Inspection Panel of the World Bank - requested that the US$3.75-billion loan granted to Eskom by the World Bank in April 2010 be taken under review.
149 0,1,0,0,0,0,1 0

Photo: Busbestuurder hol weg na botsing

08 December 2011 Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - Twee motorfietsryers is laat Vrydagmiddag beseer toe hulle teen ‘n bus in Walter Sisulu-rylaan gebots het. Die beseerde motorfietsryers is per ambulans na die Marapong privaat hospitaal geneem vanwaar een na ‘n hospitaal in Pretoria oorgeplaas is. Hy was Dinsdagoggend nog in die intensiewe sorgeenheid. Volgens polisiewoordvoerder, Frans Mokoena, het die bestuurder van die bus weggehardloop en kon hy teen druktyd nog nie opgespoor word nie. Die saak word ondersoek. Foto: Armand Pretorius
81 0,0,0,0,0,0,0 0

Site Navigation

Written By

Valerie Cilliers

Valerie Cilliers is a qualified radio journalist who moved to Lephalale in 2010 where she now lives with her husband, four children and three dogs. She grew up in Durban and studied Communication at the University of the North West. Cilliers is an avid Sharks supporter and loves living in the Bushveld.

Article Search