Bergfietspret op Ferrolands
Date: |
03 December 2011 | Read: |
LEPHALALE - Exxaro het Saterdag ‘n bergfietswedren op Grootegelukmyn se Ferrolands Reservaat by Manketti Lodge aangebied. Vir die hardebaard fietsryers en as slypskool vir die Cape Epic kandidate in die Exxaro Bergfiets Akademie vir swart fietsryers, was daar ‘n 60km roete. Vir baie plaaslike ryers was die 30km pretroete egter die hoogtepunt en daar het plaaslike ingenieur Radie Kotze met die louere weggestap. Daar was ook ‘n 4km roete vir die jongspan. Die 60km wedren is oorheers deur die ontwikkelingsryers van die Exxaro Bergfiets Akademie.

