Entabeni staan by bestuurder


Date:

09 February 2012

Read:

35 0,0,0,0,0,0,0

Print

Die Reservaatbestuurder van die spog privaat natuurreservaat, Entabeni, Jan Louis Lessing (58), het verlede Donderdag in die Naboomspruit-landdroshof verskyn op klagte van die besit van renosterhorings en olifanttande.
Borgtog van R3 000 is aan hom toegestaan, het polisiewoordvoerder kol. Ronel Otto gesê.
Lessing se saak is tot 29 Maart uitgestel vir verdere ondersoek. Hy is verlede Donderdag in hegtenis geneem nadat drie renosterhorings, vier olifanttande en vuurwapens in sy besit gevind is. Hy het na bewering daarin misluk om permitte vir die items te verskaf.
Intussen het die reservaat se skakelkantoor ‘n verklaring uitgereik waarin Lessing as ‘n man wat sy lewe toewy aan die bewaring en beskerming van SA se wildlewe en planteryk beskryf word.
Die persverklaring wys daarop dat Lessing nie aangekla is vir die besit van ongemagtigde vuurwapens nie en stel dit dat die renosterhorings en olifanttande afkomstig is van diere wat oor die loop van jare op Entabeni dood is aan natuurlike oorsake. “Outopsies is in alle gevalle op die diere uitgevoer en gesertifiseerde verslae is ingedien en die horings is in die die kluis vir veilige bewaring geplaas,” lui Entabeni se verklaring.
“Die jongste was ‘n renoster genaamd Yster – ‘n klein renoster wesie wat met die hand deur Jan [Lessing] en sy span grootgemaak is en wat ongelukkig presies ‘n jaar gelede dood is. Natuurbewaring het Jan geprys vir sy toegewydheid en spesialiskennis met die redding en rehalibitasie van Yster.”
Die Entabeni verklaring wys daarop dat Yster se horing het ‘n mikro-skyfie inplanting gehad het, wat deur ‘n gesertifiseerde veearts na sy dood volgens die voorgeskrewe prosedure verwyder is.
“Ons glo dat hierdie ‘n kwaadwillige poging deur onbekende individue is om Jan se reputasie te probeer skaad en ons sal nie toekyk dat ‘n man, wie se lewensmissie die bewaring en beskerming van fauna en flora is, se naam in gedrang gebring word nie,” sê Entabeni.
“Alle nodige bewyse en papierwerk om hierdie aangeleentheid so gou as moontlik op te los en af te handel word tans onderneem, sodat Entabeni kan voortgaan met die belangrike werk om ons natuurlike erfenis te beskerm en bewaar, het Entabeni se media verteenwoordiger, Pete Richardson, gesê.

to comment you need to login first - Login

Krugies pak Louis Trichardt

30 April 2012 By Cindy Pretorius
Sport: MOKOPANE- Verlede Donderdag het Laerskool Krugerpark ‘n suskesvolle sportdag aangebied en van die Krugies het baie goed presteer op hul tuis- rugbyvelde en netbalbane teen Laerskool Louis Trichardt.
18 0 Comments

Nuwe regulasies vir renosterjag aangekondig

23 April 2012 By Valerie Cilliers
News: Nuwe regulasies vir die merk van renosterhorings en trofeejag van renosters is verlede week na finale goedkeuring in die Staatskoerant gepubliseer. Dit volg nadat die regulasies sedert September verlede jaar vir publieke insae en bespreking oopgestel is. Die minister van omgewingsake, Edna Molewa het die week in ‘n verklaring gesê dat verskeie voorstelle wat deur die publiek ingedien is inageneem en geimplimenteer is.
14 0 Comments

Los ons wapens - SA Jagters

15 December 2011 By Valerie Cilliers
News: Die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het beswaar gemaak teen ‘n algemene stelling dat wapens in private besit in geweld en intimidasie teen vroue en kinders gebruik word. “Dit is ‘n onbillike veralgemening en blatante versinsel,” het Dr. Herman Els, bestuurder van jag en bewaring by SAJWV gesê.
497 0 Comments

Boeregholfdag was 'n reuse sukses

14 October 2011 By Jasper Raats
Sport: Die Potgietersrus DLU se gholfdag by Mokopane se Kameeldoring buiteklub was een van die bes georganiseerde en lekkerste gholfdae hierdie jaar – so het spelers verlede week na afloop van die dag gesels.
68 0 Comments

Kerk amokmakers Maandag weer in hof

05 December 2011
News: MOKOPANE - Die gemeenskap van Mokopane was geskok om hierdie week te hoor drie ver­meen­de ver­regses wou dalk hul Hervormde en NG kerke tydens eredienste opblaas.
91 0 Comments

Site Navigation

Written By

Recent Author Articles