Inbrekers met gholfklere betrap


Date:

09 February 2012

Read:

27 0,1,0,0,0,0,0

Print

MOKOPANE - Drie inbrekers wat die Potgietersrus buiteklub se gholfwinkel in Januarie besteel het, is hierdie week danksy goeie polsiewerk vasgetrek en meer as die helfte van die gesteelde goedere is teruggekry.
TJ Bekker, die eienaar van die winkel sê hy het Dinsdagoggend van die 17de Januarie by die werk opgedaag en die deur en veligheidshek wawyd oop aangetref. Die inbrekers het gholfkepse, hanskoene, skoene, horlosies, hemde, broeke, kouse, sonbrille, sonskerm en baadjies gebuit. “Meer as R70 000 se voorraad is gesteel,” vertel Bekker.
Hy sê hy is verbaas en beindruk met die polisie se taakspan wat hierdie inbrekers opgespoor het. Daar was bitter min om mee te werk op die toneel. Die inbrekers het geen vingerafdrukke of DNA agter gelaat nie.
Maar die polisie se ondersoek het hulle na Phola Park naby Mokopane gelei waar hulle drie verdagtes met van die gesteelde goedere betrap het. Verdere ondersoek het die polisie na Hillbrow in Johannesburg gelei waar hulle nog van die gholf winkel se voorraad gekry het.
Mokopane Stasiebevelvoerder Kol. Lukas Mogwaneng het die taakspan geprys vir hul goeie werk en beloof dat hy nie sal rus tot die polisie die laaste krimineel wat die dorp terroriseer vasgetrek het nie.
Die verdagtes tussen die ouderdomme van 25 en 33 verskyn binnekort weer in die Mokopane Landdroshof.
Intussen sê TJ die herwinde goedere is in ongebruikte toestand maar uit hul verpakkings verwyders, waarskynlik om maklkiker deur die inbrekers weggerda te word. Dit sal teen halfprys by die gholf winkel te koop wees.

to comment you need to login first - Login

Boeregholfdag was 'n reuse sukses

14 October 2011 By Jasper Raats
Sport: Die Potgietersrus DLU se gholfdag by Mokopane se Kameeldoring buiteklub was een van die bes georganiseerde en lekkerste gholfdae hierdie jaar – so het spelers verlede week na afloop van die dag gesels.
68 0 Comments

Noodforum reg vir die winter

09 April 2012 By Cindy Pretorius
News: MOKOPANE- Met die winter net om die draai het Noordelike Nuus dit goed gedink om met die mense agter Mokopane Noordforum te gaan gesels oor hul werk in die gemeenskap en hoe inwoners kan bydra om te help hierdie winter.
43 0 Comments

Afriforum skiet wortel in Potties

02 April 2012 By Cindy Pretorius
News: MOKOPANE – ‘n Nuwe Afriforum tak is verlede Donderdagaand by die AP Kerk se lapa in Mokopane op die been gebring. Tiaan Esterhuizen, Limpopo organiseerder van Afriforum, het tydens hierdie stigtingsvergadering gesê dat Afriforum dit ten doel het om gemeenskapskwessies aan te spreek en op te los.
60 0 Comments

Ellelange vrag kruip deur dorp

28 October 2011
News: MOKOPANE – Padgebruikers het Maandag grootoog toegekyk hoe hierdie massiewe padtrein van 150m lank stadig deur die dorp ry op pad na die Medupi kragstasie bouprojek buite Lephalale. Dié string vragmotors met hul enorme vrag is al vir die laaste drie maande op die pad vanaf Richardsbaai se hawe.
72 0 Comments

Site Navigation