Kunstenaars sak toe op Ellisras vir Pippie!
Date: |
09 February 2012 | Read: |
Arno Jordaan is die nuutste kunstenaar om sy steun agter die Konsert vir Pippie te gooi. Op 18 February gaan Bobby en Karlien van Jaarsveld, Karen Ferreira, en Arno by die Mogol Sportsaal kom konsert hou ten bate van Isabella Kruger. Kaartjies is spotgoedkoop teen slegs R80 per volwassene - kom geniet die aand en dra by tot 'n goeie saak!

