Mikayla by die huis!


Date:

09 February 2012

Read:

106 1,1,0,0,0,0,0

Print

LEPHALALE- Dapper klein Mikayla Robbertse wat net voor Kersfees verlede jaar deur ‘n Mosambiekse spoegkobra in haar bed gepik is, is weer terug op eie bodem. Mikayla is Saterdag by die Palm Park Hotel met ope arms en geskenke deur inwoners van Lephalale verwelkom.harmain Robbertse, vertel dat dit ongelooflik is om terug in die Bosveld te wees, maar dat daar nog ‘n lang pad van herstel voorlê. Mikayla moet vir die volgende ses maande elke Donderdag in Pretoria wees vir doktersbesoeke. Sy is tans op antibiotika weens ‘n abses in die skenkerlieswond. Charmain sê word sy nog baie moeg, maar sy sien al klaar uit daarna om skool toe te gaan.
Vir slange hoef Mikayla nie meer bang te wees nie. Plaaslike slangkenner, Marius Koekemoer, het Mikayla verras met ‘n foksterrier - blykbaar ‘n bobaas slangvanger!

to comment you need to login first - Login

Planne vir klein Mikayla

09 April 2012 By Valerie Cilliers
News: Willie en Janice Pelser van Kunkura Lodge net buite Lephalale was so aangeraak deur klein Mikayla Robbertse wat in Desember deur ‘n Mosambiekse spoegkobra gepik is dat hulle besluit het om vir haar rekonstruksie operasie geld in te samel.
75 0 Comments

Mikayla gaan huis toe!

27 January 2012 By Helena Raats
News: Mikayla Robbertse (5) maak goeie vordering en is 27 Januarie ontlaan en kan uiteindelik huis toe gaan. Sy is in Desember twee keer deur ‘n Mozambiekse spoegkobra op die hand en elmboog gepik.
123 0 Comments

Mikayla beleef terugslag

13 March 2012 By Valerie Cilliers
News: Die feit dat Mikayla Robbertse, die vyfjarige dogterjie wat Desember deur ‘n Mosambiekse spoegkobra gepik is, besonders goed en vinnig herstel het, maak dit vir familie baie moeilik wanneer daar wel tye kom wanneer dit nie so goed met haar gaan nie.
89 0 Comments

Mikayla: “Ouma, is daar nog ‘n buite?”

12 January 2012 By Helena Raats
News: “Ouma, is daar nog ‘n buite?” So het Mikayla Robbertse, die vyf-jarige kleutertjie wat op 19 Desember 2011 deur ‘n Mozambiekse spoegkobra gepik is, verlede week gevra nadat sy al verskeie pynlike operasies en veloorplantings ondergaan het.
391 0 Comments

Nog operasies vir Mikayla

20 January 2012 By Helena Raats
News: Die ooreenkoms tussen Joliene en Mikayla se gevalle stem baie ooreen. Beide is in hul bed twee keer deur ‘n Mozambiekse spoegkobra gepik. Beide was binne ‘n halfuur by die hospitaal gewees.
177 0 Comments

Site Navigation

Written By

Recent Author Articles