Nog 'n platina myn oppad!

Date:

09 February 2012

Read:

56 0,0,0,0,0,1,0

Print

MOKOPANE - Mynwese entrepreneur, Robert Friedland, het hierdie week tydens die mynwese indaba in Kaapstad lig op die Ivanplats projek gewerp.
Hoewel hy vaag was oor spesifieke detail rondtom die grootte, koste en tydlyn van die projek wat net noord van Mokopane geleë is, het Friedland laat blyk dat die projeksbeplanning ‘n smelter en waarskynlik ‘n veredelingsaanleg sal insluit.
Dit sal ‘n hoogs gesofistikeerde ondergrondse myn wees met minimale impak op die gemeenskappe wat op die grond bo op die myngebied woon, het Friedland gesê.
Die aanvanklike plan vir ‘n oopgroefmyn met ‘n groef van ses kilometer lank is laat vaar oor die impak wat so ‘n myn op die gemeenskap sou hê.
Gold Fields se eertydse hoof uitvoerende beampte, Ian Cockerill het glo ingestem om die hoof onafhanklike direkteur van die Ivanplats raad te word en die projek is volgens MiningMix met aansienlike hulp van Politieke leier en sakeman, Cyril Ramaphosa, aanmekaargesit.
Friendland wou egter nie bevestig of Ramaphosa se Shanduka Resources die SEB vennoot in die projek sal wees nie.
Ander mynmaatskappye se ontwikkelinge op hierdie spesifieke rif is tans op ys oor die hoë koste van ontgunning en die lae kwaliteit van die platina.

to comment you need to login first - Login

Noodforum reg vir die winter

09 April 2012 By Cindy Pretorius
News: MOKOPANE- Met die winter net om die draai het Noordelike Nuus dit goed gedink om met die mense agter Mokopane Noordforum te gaan gesels oor hul werk in die gemeenskap en hoe inwoners kan bydra om te help hierdie winter.
43 0 Comments

Afriforum skiet wortel in Potties

02 April 2012 By Cindy Pretorius
News: MOKOPANE – ‘n Nuwe Afriforum tak is verlede Donderdagaand by die AP Kerk se lapa in Mokopane op die been gebring. Tiaan Esterhuizen, Limpopo organiseerder van Afriforum, het tydens hierdie stigtingsvergadering gesê dat Afriforum dit ten doel het om gemeenskapskwessies aan te spreek en op te los.
60 0 Comments

Renjaers wys hul staal

14 October 2011 By Jasper Raats
Sport: MOKOPANE - Die hitsmotorjaers van Mokopane het Saterdag teen die manne van Gauteng gewys wat in hulle steek toe hulle op die Bosveld Oval kragte gemeet het.
71 0 Comments

Site Navigation

Written By

Recent Author Articles