Rassies laat die rekords spat!

Johanè Pistorius (foto) het drie rekords gebreek in die dogters o/14 spiesgooi 32,51m - rekord van 1982, diskus 33,07m van 2003 en gewigstoot 11,58m van 2007

Date:

09 February 2012

Read:

79 0,0,0,0,1,0,0

Print

Verskeie rekords is verlede week by Ellisras Hoërskool se interhuis atletiek byeenkoms gegebreek.
Johanè Pistorius (foto) het drie rekords gebreek in die dogters o/14  spiesgooi 32,51m - rekord van 1982, diskus 33,07m van 2003 en gewigstoot 11,58m van 2007. Sy het ook tydens die prysuitdeling ses trofees ontvang vir: beste prestasie veldnommer (diskus), beste prestasie spiesgooi, beste individuele item asook beste prestasie gewigstoot en skyfwerp. Met hierdie prag vertonings word sy as Victrix Ludorm aangewys.
Christiaan Kruger (Senior Victor Ludorum) verbeter die 110 m hekkies s/o 16 - 15,15s. Lourens Putter verpletter twee rekords in s/o 19 diskus 42,80 en gewigstoot 13,90m. Phillip Maritz breek ook die rekord van s/o 19 gewigstoot 14,87m. Gewigtige manne hierdie!
Albert Jordaan verbeter die rekord in 400m hekkies s/o 19 en Ruan Booyse die 110m hekkies s/0 19. Ignus le Roux en Gerrit Peens verbeter die 3000m vir s/o 17. In totaal 11 rekords!
Marnè Wolstenholm word aangewys as die Senior Victrix Ludorum en wen die beker vir beste prestasie individuele naellope. Johan Pitout raap die Junior Victor Ludorm voor gedugte teenstanders se neuse weg.
Beste prestasie in die veld  het gegaan aan Johanè Pistorius d/o 14 diskus 13,07m en beste prestasie op die baan aan Marnè Wolstenholm 400 hekkies o/17 63.04
Dit was ‘n opwindende dag vir almal met die Matommas wat die opkoms vir dirigente gewen het en die Machaukas wat die beste atletiekspan was.

to comment you need to login first - Login

Piet Pot gholfers maak skoonskip

30 April 2012 By Cindy Pretorius
Sport: Hoërskool Piet Potgieter se en Ellisras Hoërskool se gholfspanne het verlede Vrydag in Mokopane teen die spanne van Pietersburg Hoërskool en Hoërskool Heuwelkruin kragte gemeet waar Piet Potgieter as wenners vir die dag uit die stryd getree het.
14 0 Comments

‘n Vakansie om te onthou

28 October 2011
News: Verskeie inwoners en besighede in en rondom Lephalale het hulle harte wyd oopgemaak vir ‘n groep van 10 meisies van die Abraham Kriel kinderhuis in Modimolle. Twee gesinne van die kinders see toe geneem vir die vakansie. Die uitreik is ‘n inisiatief van die N.G gemeente Ellisras-Wes en aangesien huis Matopie die afgelope 10 jaar nie by die see was nie, het kindervriende Ferdi en Debbie Breedt en André en Nelanie Burger aangebied om die kinders see toe te vergesel. Koos en Hannetjie Nel van die N.G. gemeente in Koedoeskop het ook besluit om die lang pad saam met hulle aan te durf.
84 0 Comments

Plase nou by sectors ingedeel

25 November 2011
News: LEPHALALE - Weens personeel verskuiwings binne die Lephalale polisiemag is daar tans nie ’n sektorbestuurder wat oor plase aangestel is nie.
122 0 Comments

EHS atlete skitter by Limpopo Atletiek kampioenskappe

13 March 2012 By Valerie Cilliers
Sport: Ellisras Hoërskool se atlete het Saterdag alle verwagtings oortref by die Limpopo Hoërskool Atletiek Kampioenskappe in Polokwane. Johanè Pistorius is aangewys as die beste hoërskool atleet in Limpopo en beste atlteet vir die dag. Sy verbeter die diskusrekord tot 34.94m. Wat die prestasie so uitsonderlik maak, is dat sy as o/14 dogter in die o/15 afdeling deelgeneem het. Sy behaal ook eerste plekke in spiesgooi en gewigstoot.
37 0 Comments

Site Navigation

Written By

Recent Author Articles