Rassies swem laat dit bars!
Date: |
09 February 2012 | Read: |
Vier van Laerskool Ellisras se leerlinge onlangs gaan deelneem aan Shamu Spring Swem Gala in Tzaneen.
Hendri Reyneke (10), Janus Reyneke (12), Fred Pistorius (8) en Johan Pistorius (12) is al die hele Desember hard aan die oefen en hulle het beslis hul staal gewys teen baie sterk kompetisie.
Daar het tot 18 swemmers aan sekere van die items deelgeneem, maar die Rassies het met die medaljes huis toe gekom.
Hulle het deelgeneem aan Vlinderslag, Kruipslag, Borsslag, Rugslag en Individuele Wisselslag.
Johan Pistorius het silver medaljes verower in 50m Vlinderslag en 50m Borsslag, en Brons medalje in die 100m Individuele Wisselslag.
Janus Reyneke het brons medalje in 50m Borsslag verower en 4de en 5de plekke in die ander items.
Fred Pistorius en Hendri Reyneke het in van die items 4de en 5de plekke verower en vir hulle eerste gala van die jaar het hulle puik gevaar.

