SMS vir plaasmoorde


Date:

09 February 2012

Read:

60 0,0,1,0,0,0,0

Print

In die lig van ’n toename in plaasmoorde oor die afgelope maand het TLU SA ‘n aksie teen plaasmoorde aangekondig.
Sedert die begin van Januarie vanjaar is ses landbou produsente reeds op hulle plase vermoor in vergelyking met die een moord verlede jaar Januarie.
Bennie van Zyl, TLU SA se hoofbestuurder, sê hierdie situasie is onaanvaarbaar. “Ons poog nou al jare lank om die Suid-Afrikaanse regering te oortuig om aksie te neem. Tot dusver het niks wesenliks gebeur nie, en al antwoord wat ons gekry het is dat plaasmoorde nou ‘hoogstens kommerwekkend is, maar nie meer ’n prioriteit is nie.’
“TLU SA kry die indruk dat die regering ’n dowe oor op ons draai en daarom het ons nou geen ander keuse nie as om van ander metodes en kanale gebruik te maak om te poog om ons landbouprodusente, wat die land se voedselvoorsieners is, te beskerm,” sê Van Zyl. "Ons kan dalk nie getel word in terme van ons getalle nie omdat daar maar ongeveer 35 000 kommersiële voedselprodusente oor is. Ons behoort egter geweeg te word in terme van ons bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie. As ons egter die Suid-Afrikaanse verbruiker kan mobiliseer in steun vir die voedselprodusente, kan hierdie gewig in terme van ekonomiese meting heelwat swaarder word.
“Daarom het ons ’n kortboodskap (SMS) lyn in werking gestel waardeur mense ons ’n boodskap van steun kan gee, maar waardeur hulle ook ’n klein donasie kan maak wat gedeeltelik gebruik sal word vir ons internasionale bewusmakingsveldtog, en gedeeltelik vir ons traumafonds, wat bedoel is om slagoffers van plaasaanvalle te ondersteun.
“Ons internasionale bewusmakingsaksie begin ook hierdie week.”
TLU SA se Henk van de Graaf, is tans in Europa waar hy die volle dimensie van plaasmoorde onder die aandag sal bring van talle politieke partye, regeringsverteenwoordigers en ander belanghouers.
Die hoogtepunt van sy besoek is ’n besoek aan die Europese Parlement waar hy die hoofspreker sal wees op ’n openbare vergadering van Europese parlementslede oor plaasmoorde in Suid-Afrika.
“As die regering dan nie na ons, wat die kommersiële voedselvoorsieners verteenwoordig, wil luister nie, sal ons ander metodes moet gebruik om die regering te beweeg tot aksie,” sê Van Zyl.
Mense wat TLU SA se aksies in hierdie verband wil ondersteun, word gevra om ‘n kortboodskap (SMS) te stuur na 48716 en die word TLUSTOP as boodskap in te tik.  Elke boodskap kos R10 en sal gebruik vir die internasionale veldtog en die traumafonds. 
Mense kan ook hulle naam plaas op TLU SA se webblad as deel van ’n petisieveldtog teen plaasmoorde. Die webadres is www.tlu.co.za.

to comment you need to login first - Login

Plaasmoorde in SA kom voor die VN

05 December 2011
News: Die burgerregte-organisasie AfriForum het in sy spreekbeurt by die Verenigde Nasies (VN) Menseregteraad se konferensie oor minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland, ʼn beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om die krisisafmetings wat plaasmoorde in Suid-Afrika aanneem, ten sterkste te veroordeel.
67 0 Comments

Piet Pot gholfers maak skoonskip

30 April 2012 By Cindy Pretorius
Sport: Hoërskool Piet Potgieter se en Ellisras Hoërskool se gholfspanne het verlede Vrydag in Mokopane teen die spanne van Pietersburg Hoërskool en Hoërskool Heuwelkruin kragte gemeet waar Piet Potgieter as wenners vir die dag uit die stryd getree het.
14 0 Comments

Meer toegang na Kerkstraat asseblief

27 February 2012 By Jasper Raats
News: LEPHALALE - Inwoners van die nuwe gedeelte van Kerkstraat en die hoof van verkeer, Agrey Nyalana, is tans besig met ‘n aksie om Kerkstraat se verkeersvloei te verbeter. Die DA het ook hierdie week ‘n mosie ingedien dat die saak dringend deur die stadsraad ondersoek word.
32 0 Comments

Krugies pak Louis Trichardt

30 April 2012 By Cindy Pretorius
Sport: MOKOPANE- Verlede Donderdag het Laerskool Krugerpark ‘n suskesvolle sportdag aangebied en van die Krugies het baie goed presteer op hul tuis- rugbyvelde en netbalbane teen Laerskool Louis Trichardt.
18 0 Comments

Site Navigation

Written By

Valerie Cilliers

Valerie Cilliers is a qualified radio journalist who moved to Lephalale in 2010 where she now lives with her husband, four children and three dogs. She grew up in Durban and studied Communication at the University of the North West. Cilliers is an avid Sharks supporter and loves living in the Bushveld.

Recent Author Articles