Als onder beheer by Lephalale weermagbasis


Date:

10 February 2012

Read:

64 0,0,1,0,0,0,0

Print

Beeld het verlede Donderdag berig dat die ouers van 50 rekrute woedend is oor hoe hulle kinders daar behandel is. Al 50 het na bewering besluit om eerder huis toe te gaan en nie hulle ses maande basiese opleiding te voltooi nie.
Noordelike Nuus het met Kolonel Willie Nieuwoudt gesels oor sommige van die aantuigings wat gemaak is. Nieuwoudt verduidelik dat slegs vyf rekrute vrywillig besluit het om die eenheid te verlaat.
“Ek doen persoonlik ‘n onderhoud met elke rekruut wat huis toe wil gaan. Al vyf het persoonlike redes gegee waarom hulle nie wou voort gaan met die opleiding nie.”
Daar is egter wel 45 rekrute afgekeur omdat hulle nie hulle mediese ondersoek geslaag het nie. “Wanneer rekrute gekeur word ondergaan hulle ‘n aanvanklike mediese ondersoek. Dit gebeur dat iemand sy of haar medies slaag ‘n jaar tot drie maande voor die innametydperk. Met iname word daar weer ‘n mediese ondersoek gedoen en as die persoon nie slaag nie kan ons hom of haar volgens regulasies nie inneem nie.”
Nieuwoudt verduidelik dat gewig ‘n groot rol speel, “die eerste ses maande doen almal dieselfde basiese opleiding. As ‘n rekruut te klein of te groot is, kan hy of sy erg beseer word in hierdie tyd. Ons is dus verplig om hulle weg te wys.”
Oor die aantuigings dat instrukteurs by die eenheid rassisties dreigemente maak, sê Nieuwoudt dat dieselfde  groep instrukteurs al by vyf inames by die eenheid betrokke was. “Daar was nog nooit enige klagte oor rasisme nie. Rekrute kan anoniem klagtes indien om hierdie tipe ding aan te spreek.”
Nieuwoudt verduidelik dat daar hierdie jaar net een iname gaan wees. “Ons neem gewoonlik twee groepe van 400 rekrute in, maar weens opgelegte beperkings sal ons hierdie jaar slegs een groep rekrute inneem. Ons behoort weer volgende jaar twee groepe in te neem”.
Rekrute is tans besig met hulle derde week van basiese opleiding. Nieuwoudt verduidelik dat loopbaan bestuurders die rekrute na sewe weke se opleiding sal toespreek om studierigtings te verduidelik sodat elkeen ‘n finale keuse kan maak oor die rigting wat hy of sy wil studeer. Hy ontken verder gerugte dat die eenheid ongeorganiseerd is en nooi enige lid van die publiek en veral ouers van rekrute uit om die eenheid te besoek om griewe met hom te bespreek.

to comment you need to login first - Login

Stem vir Lephalale!

29 April 2012
News: Stem vir Lephalale! Lephalale is verlede Sondag aangewys as een van Limpopo Provinsie se streekfinaliste, saam met Modimolle en Hoedspruit, in Rapport en Kwêla se jaarlikse Dorp van die Jaar-kompetisie. Mense het nou kans om te stem tot Dinsdag 1 Mei om 12h00. Die wendorp van Limpopo word bekend gemaak op 10 Junie in Rapport en op 13 Junie op Kwêla (Kyknet). SMS LEPHALALE na 33157 en hou Noordelike Nuus dop.
44 0 Comments

New airport for Lephalale on the cards

27 January 2012
News: LEPHALALE - With an increasing number of tourists visiting the Waterberg and the potential growth of Lephalale as a major economic hub in the province, the provincial department of transport announced that it will conduct a feasibility study to determine whether there is a need for a commercial airport in Lephalale.
156 0 Comments

Greenpeace of Eskom se spoor...

10 November 2011 By Valerie Cilliers
News: “Eskom sal nie verskoning maak vir sy twee nuwe kragstatsies (Kusile en Medupi) nie. Suid-Afrika is ’n ontwikkelende land wat energie en werkgeleenthede nodig het.” Dit was die boodskap hierdie week van Eskom aan die media toe Greenpeace International- aktiviste Maandag Eskom se Kusile kragstasie naby Ogies beset het.
71 0 Comments

Lephalale verloor ‘n geliefde seun

30 April 2012 By Jasper Raats
News: LEPHALALE - Inwoners van Lephalale het Vrydag met groot hartseer afkeid geneem van bekende sakeman van die dorp, Stephan Hattingh, waar hy uit die NG Kerk Wes in Onverwacht begrawe is. Hattingh is verlede Dindsdagaand op pad van Thabazimbi na Lephalale in ‘n motorongeluk oorlede.
30 0 Comments

Site Navigation

Written By

Valerie Cilliers

Valerie Cilliers is a qualified radio journalist who moved to Lephalale in 2010 where she now lives with her husband, four children and three dogs. She grew up in Durban and studied Communication at the University of the North West. Cilliers is an avid Sharks supporter and loves living in the Bushveld.

Recent Author Articles