"Boere is te mak," - Mbeki


Date:

10 February 2012

Read:

53 0,0,0,0,0,0,0

Print

Boere moet Cosatu se hulp inroep en die regering konfronteer oor sy grondbeleid. Dit was die mening van politieke ontleder en ekonoom, Moeletsi Mbeki by hierdie jaar se 22ste herdenking van oud president FW de Klerk se 2 Februarie 1990 toespraak, wat in Kaapstad aangebied is.
Grondrestutisie was een van die groot onderwerpe van die dag en hoofspreker oor grondsake was adjunkpresident van Agri SA, Dr. Theo de Jager. Noordelike Nuus het met hom gesels.
De Jager vertel dat hy verbaas was oor Mbeki se uitlatings en sê dat landbou-unies protesaksie as ‘n laaste uitweg sal kies omdat hulle steeds deel is van besprekings oor grond en dus nog ‘n konstruktiewe bydrae lewer. “Ons kies vir nou om die roete van konstruktiewe samesprekings en beter samewerking te volg. Maar as daar ‘n tyd kom dat onderhandlings nie werk nie, sal ons eerstens die howe nader en hierin het ons al baie sukses behaal. Indien ons nie daar regkom nie, sal ons wel van ons laat hoor soos in 1992 toe boere Pretoria laat stilstaan het.”
Volgens De Jager is die unies veral betrokke is by onderhandelings rakende die groenskrif op grondsake omdat die skrif soos dit tans daar uitsien min kans vir ekonomiese volhoubaarheid in landbou bied. “Indien die groenskrif wit word sonder dat ons bydraes in aanmerking geneem is sal ons dit nie daar laat nie.“
De Jager sê Agri SA is veral bekommerd oor die aantal grondeise in Limpopo. “Daar is in 1999 ‘n grondeiselys saamgestel nadat die proses op 31 Desember 1998 gesluit het. Baie van die plase wat nou in die staatskoerant verskein is nie op daardie lys nie. Ons vraag is waar kom hierdie grondeise vandaan. Die regering het sedert 2004 nog geen grondeise nagevors nie. Daar is grond wat geëis word deur mense wie se voorgeslagte nog nooit daar gewoon het nie.”
“Hierdie plase wat links en regs gegazet-teer word is vir die boer ‘n groot verlies. Hy kan geen verbeteringe aangaan nie.
Die bank sal nie aan hom ‘n lening toestaan nie en niemand wil sy plaas koop nie.
"Boerdery is belleggingsgedrewe, as jy ploeg belê jy in die grond. Maar die staat betaal sedert 2007 slegs 60% van die markwaarde van die grond. Die boer weet dus dat hy nie sy belegging gaan terugwen nie,” vertel De Jager.
Intussen het Agri SA begin om ‘n plan saam te stel waarby georganiseerde landbou kan dien as die agente vir die implementering van beide grondhervorming en landelike ontwikkeling. Die unie stel voor dat die Staat grond by ‘n gewillige koper teen 65% van die markwaarde koop, en dit dan vir 35 jaar aan die boer verhuur teen 1% van die markwaarde met die verwante inflasie per jaar. “Daar is verskeie boere met groot boerderye wat baie opgewonde is oor hierdie voorstel. Ons moet aan maniere dink om te verhoed dat hier in SA gebeur wat in Zimbabwe gebeur het,”vertel hy.
De Jager glo dat daar nog kans vir onderhandel is en anders as Moeletsi Mebki glo hy dit is die regte pad om te volg.

to comment you need to login first - Login

Boere se grondwetlike waarborg bedreig

02 April 2012 By Jasper Raats
News: Artikel 25 van die Grondwet van Suid-Afrika, maak voorsiening vir markverwante vergoeding waar grond vir openbare doeleindes soos grondhervorming onteien word. Dit is juis hierdie eiendomsklousule wat volgens die ANC heroorweeg moet word omdat die bestaande grondhervormingsbeleid volgens hulle misluk het.
80 0 Comments

Staat gaar grond op

11 October 2011 By Valerie Cilliers
News: Van alle grond wat vir grondrestitusie doeleindes deur die Regering aangekoop is, behoort 85,6% nou aan die Staat en slegs 14.4% is op grondeisers se name geregistreer. So lui ‘n verslag wat deur DA woordvoerder, Lindiwe Mazibuko verlede week uitgereik is.
35 0 Comments

Skryf nóú in en Loop vir Hoop

23 September 2011
News: MOKOPANE - Die Loop van Hoop Mokopane se datum kom nou vinnig nader en die opgewondenheid is groot oor hierdie jaarlikse hoogtepunt wat op 14 en 15 Oktober van 18h00 tot 06h00 by Hoërskool Piet Potgieter se sportvelde plaasvind.
37 0 Comments

Site Navigation

Written By

Valerie Cilliers

Valerie Cilliers is a qualified radio journalist who moved to Lephalale in 2010 where she now lives with her husband, four children and three dogs. She grew up in Durban and studied Communication at the University of the North West. Cilliers is an avid Sharks supporter and loves living in the Bushveld.

Recent Author Articles