Bosveld Oval kry besoekers van orals


Date:

10 November 2011

Read:

96 0,2,0,0,0,0,1

Print

MOKOPANE - Saterdag se motorwedrenne by die Bosveld Oval is ondersteun deur heelwat renjaers van ander dorpe en stede, baie van hulle vanaf Pretoria.
Die kompetisie was taai in al die afdelings. Die Van Niekerks het die hitsmotorren oorheers met Riaan in die eerste plek, W.B. tweede  en Willa in die derde plek op die podium.
Ben Venter het die 2.1L ‘modifieds’ wedren gewen, met Jan Venter in die tweede plek en Boela Bekker derde.
Ben het ook die 1660cc ‘modifieds afdeling gewen met Pieter Ferreira tweede en Frederick Cooper derde.
Peter McMahon was eerste in die ‘stockrods’ resies, Kobus Harmse tweede en Frikkie van der Merwe derde. Onder die naeljaers was Shane Carlson eerste, JP Taljaard tweede en in die derde plek was Des Pieterse.

to comment you need to login first - Login

Renjaers wys hul staal

14 October 2011 By Jasper Raats
Sport: MOKOPANE - Die hitsmotorjaers van Mokopane het Saterdag teen die manne van Gauteng gewys wat in hulle steek toe hulle op die Bosveld Oval kragte gemeet het.
71 0 Comments

‘n Passie vir vinnige karre!

11 October 2011 By Jasper Raats
Sport: MOKOPANE - André Coetzer is een van omtrent 30 renjaers wat minstens een keer per maand in hul witwarm renmotors by die Bosveld Oval buite Mokopane bymekaarkom en dan die teer oprol in die stryd om eerste verby die blokkiesvlag te jaag. Hy het hierdie week met Noordelike Nuus oor motorresies en sy drome gesels.
70 0 Comments

Motorfietsfees vir oupas en oumas!

10 November 2011
News: MOKOPANE - Die afgelope naweek se Brille & Pille Wiele Fees was ‘n reuse sukses, selfs beter as vorige jare, sê Bennie Venter, een van die organiseerders van die jaarlikse motorfietssaamtrek ten bate van die Piet Potgieter Monument Tehuis.
83 0 Comments

Mikayla by die huis!

09 February 2012 By Helena Raats
News: LEPHALALE- Dapper klein Mikayla Robbertse wat net voor Kersfees verlede jaar deur ‘n Mosambiekse spoegkobra in haar bed gepik is, is weer terug op eie bodem. Mikayla is Saterdag by die Palm Park Hotel met ope arms en geskenke deur inwoners van Lephalale verwelkom.
107 0 Comments

Luiperdman op hok!

11 October 2011
News: LEPHALALE - As jy verlede Saterdagoggend gaan inkopies doen het by Lephalale Square, kon jy die geleentheid kry om ‘n luiperdman in ‘n vanghok se naam nog verder te plank deur hom met eiers te gooi.
90 0 Comments

Site Navigation