‘n Passie vir vinnige karre!


Date:

11 October 2011

Read:

70 0,1,0,0,0,0,1

Print

MOKOPANE - André Coetzer is een van omtrent 30 renjaers wat minstens een keer per maand in hul witwarm renmotors by die Bosveld Oval buite Mokopane bymekaarkom en dan die teer oprol in die stryd om eerste verby die blokkiesvlag te jaag. Hy het hierdie week met Noordelike Nuus oor motorresies en sy drome gesels.

NN: Hoe lank neem jy al aan motorwedrenne deel?
AC: Ek beoefen die sport al vir vier jaar. Ek het tot in 2009 aan die wedrenne vir standaard klas motors deelgeneem. Dit is 1600cc motors soos hulle uit die fabriek kom, die sitplekke word eenvoudig uitgehaal en daar word ‘n rolhok ingebou. Na 2009 het ek in die vinniger 1660cc ombouings begin ry. Ek jaag steeds in dié klas.

NN: Wat kos so ‘n renmotor en wat kos dit om te begin deelneem?
AC: Dit hang alles af van die klas waarin deelgeneem word. ‘n Motor vir die 1660cc ombouingsklas kan enigiets van R60 000 en meer kos. Daarby moet jaers lisensiegelde betaal, veiligheidstoerusting aankoop en die vereiste mediese versekering uitneem.

NN: Was jy al in ‘n ongeluk?
AC: Te veel kere. Die ergste was op Mahem in Pretoria in 2009 tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.

NN: Watter prestasies het jy al behaal in hitsmotor (hot rod) resies?
AC: In 2008 was ek tweede in die Suid-Afrikaanse kampioenskappe, in 2009 tweede in die 1660cc ombouingsklas in die Suid-Afrikaanse kampioenskappe en verlede jaar derde.

NN: Het jy borge wat dit vir jou moontlik maak om te ry?
AC: Ja, Fred Cooper Sand en Klip, Piet Stickers, Mokopane Engineering, Autozone Mokopane, VOS Gearbox & Diff, Lahri’s Tyre & Mag, Noise Boise Mokopane, Morpiet Brake & Clutch, Magic Weld en Econo Engineering.

NN: Het jy enige raad of motivering vir nuwe toetreders tot die sport?
AC: Sit alles in – in motorsport dra die kar 20% en die bestuurder 80% by tot sukses. Jou hart moet methanol walms pomp en dit moet in jou bloed wees. Maar onthou alles gebeur nie oornag nie, jy word beter en vinniger deur ondervingding wat tyd vat om op te doen. Respekteer spoed. Ek is nie een om te praat nie, maar straatresies is gevaarlik – hou dit op die baan.

NN: Wanneer vind die volgende wedren op Mokopane plaas en waar kan mense meer uitvind oor die sport?
AC: Ons jaag more (Saterdag) by die Bosveld Oval. Mense kan vir Mariette skakel by 076 769 0500.

to comment you need to login first - Login

Renjaers wys hul staal

14 October 2011 By Jasper Raats
Sport: MOKOPANE - Die hitsmotorjaers van Mokopane het Saterdag teen die manne van Gauteng gewys wat in hulle steek toe hulle op die Bosveld Oval kragte gemeet het.
71 0 Comments

Stoeiers skitter by Limpopo Ope

18 March 2012 By Jasper Raats
Sport: Mogol stoeiklub in Lephalale was Saterdag die gasheer vir die Limpopo ope stoeikampioenskappe. Stoeiers van regoor die land het Saterdag mekaar die stryd in ‘n warm Lephalale aangesê.
42 0 Comments

Noodforum reg vir die winter

09 April 2012 By Cindy Pretorius
News: MOKOPANE- Met die winter net om die draai het Noordelike Nuus dit goed gedink om met die mense agter Mokopane Noordforum te gaan gesels oor hul werk in die gemeenskap en hoe inwoners kan bydra om te help hierdie winter.
43 0 Comments

Site Navigation

Written By

Recent Author Articles