Goeie landboujaar lê voor... - maar TOPS kan wildboere pla

Date:

12 January 2012

Read:

43 0,0,0,1,0,0,0

Print

Goeie weerstoestande, relatiewe stabiele en hoë kommoditeitspryse, die stabilisering van wêreldvoedselvraag en ‘n moontlike  swakker rand is almal faktore wat daartoe kan bydra dat 2012 ‘n goeie jaar vir boerdery in Suid-Afrika gaan wees.
Ernst Janovsky, hoofbestuurder vir Absa Agribesigheid glo dat die winsgewendheid van die land se landbousektor toeneem, en dit lei tot ‘n stabiele styging in eiendomswaarde van plase. Volgens lanbou.com verwag Janovsky dat die bedryf ook groot voordele gaan trek uit die toename in die gebruik van nuwe tegnologie vir landbouproduksie. Hy sê dit blyk dat Suid-Afrika, veral in terme van Afrika, die land is waarbinne die gebruik van nuwe tegnologie die vinnigste toeneem.
Wat wildboerdery in 2012 betref glo Wildlife ranching SA (WRSA) president Jacques Malan dat die bedryf reeds sy kritici verkeerd bewys het met deurlopende sterk, volhoubare ekonomiese groei in 2011. Tog glo hy dat daar groot uitdagings vir die bedryf in die nuwe jaar gaan wees. Die TOPS-regulasies is volgens hom die grootste hiervan. Volgens Malan het die departemente by verskeie geleenthede aangedui dat hulle alle wildspesies by TOPS (Threatened Or protected Species) wil insluit. “Dit sal spesies soos swartwitpens, kudu, impala, zebra en andere wat nog nooit op die lys was nie, affekteer . Dit ten spyte van WRSA-lede se bydraes tot die vermeerdering van hierdie spesies se getalle.”
Malan glo die regering wil hierdie roete volg om te voorkom dat ‘n aparte stel regulasies vir algemene wildsoorte opgestel moet word. “Dit is aan ons verduidelik dat alle spesies op die lys geplaas gaan word en dan weer vrygestel sal word indien dit bevind word dat hulle nie bedreig is nie. Daar is egter geen waarborg dat spesies wel afgehaal sal word nie en die moontlikheid bestaan dat ons in die toekoms algemene wild spesies net met permitte sal kan jag. “
Malan raai alle wildboere aan om by die WRSA aan te sluit en nie passief net te hoop dat die bedryf sal groei nie.
 

to comment you need to login first - Login

‘Wettig horinghandel’ – pleit kenner

30 September 2011 By Valerie Cilliers
News: “Die uitdaging is om te verseker dat ‘n renoster meer werd is as wat sy horing werd is. As ons dit kan regkry het ons die stryd gewen,” so meen Pelham Jones, voorsitter van die Renostervereeniging van Suid-Afrika. Noordelike Nuus het met Jones gesels oor die debat wat tans heers rondom die moontlike wettige verkoop van renosterhoring.
82 0 Comments

(Kleiner) mall weer op dreef

15 December 2011 By Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - Die streekswinkelsentrum wat hierdie jaar in Onverwacht, Lephalale, gebou sou word is na ‘n lang oponthoud weer in die lewe geroep. Henry Bendeman van Uniqon Wonings, een van die aandeelhouers saam met die Moolman Groep en Flanagan & Gerard, het hierdie week aan Noordelike Nuus gesê dat die hoofkontrakteur, Wilson Bayly Holmes, 16 Januarie 2012 op die perseel sal begin. Die winkelsentrum wat op die hoek van Nelson Mandela en Chris Hani-rylaan gebou word se eerste fase sal 13 000m2 wees, aansienlik kleiner as die 32 000m2 ('n R600-miljoen projek) wat aanvanklik beplan is.
235 0 Comments

Mikayla beleef terugslag

13 March 2012 By Valerie Cilliers
News: Die feit dat Mikayla Robbertse, die vyfjarige dogterjie wat Desember deur ‘n Mosambiekse spoegkobra gepik is, besonders goed en vinnig herstel het, maak dit vir familie baie moeilik wanneer daar wel tye kom wanneer dit nie so goed met haar gaan nie.
89 0 Comments

Daar ís nog geld in wild!

23 April 2012 By Valerie Cilliers
News: Die wildbedryf in Suid-Afrika is kern gesond - veral in Limpopo waar meer as 50% van Suid-Afika se wildsplase geleë is en waar die bedryf al hoe meer beleggers lok. Maar Jacques Malan, president van Wildlife Ranching SA (WRSA), sê die bedryf het nog nie naastenby sy volle potensiaal bereik nie, skryf Valerie Cilliers.
24 0 Comments

Plaasmoorde in SA kom voor die VN

05 December 2011
News: Die burgerregte-organisasie AfriForum het in sy spreekbeurt by die Verenigde Nasies (VN) Menseregteraad se konferensie oor minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland, ʼn beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om die krisisafmetings wat plaasmoorde in Suid-Afrika aanneem, ten sterkste te veroordeel.
67 0 Comments

Site Navigation

Written By

Valerie Cilliers

Valerie Cilliers is a qualified radio journalist who moved to Lephalale in 2010 where she now lives with her husband, four children and three dogs. She grew up in Durban and studied Communication at the University of the North West. Cilliers is an avid Sharks supporter and loves living in the Bushveld.

Recent Author Articles