Isabella (2) veg voort na vuur-ongeluk

Volg Isabella se vordering saam met ons op Facebook.

Date:

12 January 2012

Read:

670 0,0,1,1,1,0,1

Print

Ek wens ek kon vir iemand kwaad wees, maar dit was ‘n fratsongeluk .” So beskryf Anice Kruger die tragiese gebeure van Oujaarsaand op hulle plaas, Friesland, net buite Lephalale waar Kruger se twee-jarige dogtertjie, Isabella, derde graadse brandwonde oor 80% van haar ligaampie opgedoen het.
Wat ‘n heerlike saamkuier geleentheid vir familie moes wees het in ‘n nagmerrie ontaard toe’n bottel met vuuraansteekmiddel in Isabella se pa, Erwin Kruger, se hande ontplof het. Hoewel hy naby die vuur gestaan het, word daar vermoed dat gasse in die bottel weens die hitte van die vuur ontplof het.
Isabella het enkele meters van haar pa af op die gras gespeel toe ‘n bol vlamme haar verswelg.

Kruger het hierdie week aan Noordelike Nuus vertel dat sy op daardie stadium binne in die huis was en dat die ontploffing soos ‘n geweerskoot geklink het. Buite het sy haar kind in vlamme op die gras sien lê. Haar eerste reaksie was om haar hemp uit te trek om die vlamme daarmee te blus. Haar ma het Erwin se hande met ‘n mat toegemaak om die vlamme teblus.
Anice het met Isabella en Erwin Marapong privaat hospitaal toe gejaag waar personeel nie ‘n dokter kon opspoor nie. “Ek het haar op ‘n bed in die hospitaal neergesit en geskreeu dat iemand ons moet help. Daar was geen bystand dokter aan diens nie en ons is gevra om eerder na die staatshospitaal in Ellisras te gaan. Daar is ons ook nie dadelik gehelp nie en dit was Dr Minaar wat uiteindelik tot ons redding gekom het.” Volgens die uitvoerende hoof van die Ellisras hospitaal, Maria Moabelo is die distrikshospitaal nie gerat om brandwonde van daardie graad te behandel nie en word pasiënte gewoonlik na Mokopane of Polokwane verwys.
Isabella en Erwin is albei per ambulans na die Garden City Hospitaal in Brixton geneem waar Isabella na verwagting die volgend drie maande in die intensiewe eenheid behandeling sal ontvang. Anice vertel dat sy onder sterk verdowing is en dat haar wonde elke tweede dag skoongemaak word. “Sy is op medikasie om te verhoed dat haar organe ingee. Haar hartjie kry baie swaar, maar sy is ‘n dapper vegtertjie. Haar toestand is kritiek en sy is aan ‘n asemhalingstoestel gekoppel.”
Infeksie en bloedverlies tydens die skoonmaakproses het daartoe gelei dat sy ‘n bloedoortapping moes kry. Isabella se hart het verlede Donderdagoggend, vyf dae ná die voorval, gaan staan. Dokters kon egter daarin slaag om haar te red. “Nou kan ons net bid en glo dat haar ligaampie sterk genoeg sal wees om gesond te word.”
Erwin het 1ste, 2de en 3rde graadse brandwonde aan  sy hande opgedoen en het vroeg die week koors begin kry toe van die wonde ontsteek het. “Die realiteit en skok van wat gebeur het, is vir hom baie erg,” vertel Anice.
Isabella het ‘n ses maande oue boetie, Arno wat tans deur Anice se ouers op die plaas versorg word.
Volg Isabella se vordering saam met ons op Facebook.

to comment you need to login first - Login

Isabella steeds kritiek

20 January 2012 By Valerie Cilliers
News: Isabella Kruger of Pippie, soos die twee-jarige dogtertjie bekend is aan haar familie en vriende, veg steeds dapper waar sy sedert die begin van Januarie in die Garden City Hospitaal in Brixton vir derde graadse brandwonde oor 80% van haar lyfie behandel word.
709 1 Comments

Pienk vir Pippie!

27 January 2012 By Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - Die nuus oor die twee-jarige Isabella (Pippie) Kruger van Lephalale wat op Oujaarsaand erg verbrand het toe ‘n bottel vuuraansteekmiddel naby haar ontplof het, het mense landswyd aan die bid. Ter ondersteuning van klein Pippie het duisende weldoeners onderneem om vandag (Vrydag) pienk te dra.
1093 0 Comments

Nog R47 000 vir Pippie

18 March 2012 By Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - Sowat 450 mense het Saterdag se Noodsangfees ten bate van Isabella Kruger (Pippie) by die Boskroeg in Lephalale bygewoon. Net meer as R47 000 is tydens die geleentheid vir die “Pippie se gesiggie” fonds ingesamel.
102 0 Comments

Planne vir klein Mikayla

09 April 2012 By Valerie Cilliers
News: Willie en Janice Pelser van Kunkura Lodge net buite Lephalale was so aangeraak deur klein Mikayla Robbertse wat in Desember deur ‘n Mosambiekse spoegkobra gepik is dat hulle besluit het om vir haar rekonstruksie operasie geld in te samel.
75 0 Comments

Lephalale verloor ‘n geliefde seun

30 April 2012 By Jasper Raats
News: LEPHALALE - Inwoners van Lephalale het Vrydag met groot hartseer afkeid geneem van bekende sakeman van die dorp, Stephan Hattingh, waar hy uit die NG Kerk Wes in Onverwacht begrawe is. Hattingh is verlede Dindsdagaand op pad van Thabazimbi na Lephalale in ‘n motorongeluk oorlede.
30 0 Comments

Site Navigation

Written By

Valerie Cilliers

Valerie Cilliers is a qualified radio journalist who moved to Lephalale in 2010 where she now lives with her husband, four children and three dogs. She grew up in Durban and studied Communication at the University of the North West. Cilliers is an avid Sharks supporter and loves living in the Bushveld.

Recent Author Articles