Mikayla: “Ouma, is daar nog ‘n buite?”

Volg Kayla se vordering op Facebook - Pray for Kayla

Date:

12 January 2012

Read:

391 1,0,0,1,0,0,1

Print

“Ouma, is daar nog ‘n buite?” So het Mikayla Robbertse, die vyf-jarige kleutertjie wat op 19 Desember 2011 deur ‘n Mozambiekse spoegkobra gepik is, verlede week gevra nadat sy al verskeie pynlike operasies en veloorplantings ondergaan het.
Mikayla, wat saam met haar grootouers op ‘n plaas sowat 8km buite Lephlalae bly, is in haar bed twee keer deur die slang gepik, eers ‘n droë pik op die elmboog en toe ‘n vol byt en dosis gif op haar linkerhandjie waar die middelvinger begin. Nadat haar pa, Bertus, die slang van die bed afgegooi het en Mikayla gegryp het, het haar ouma en voog, Charmain Robbertse, onmiddellik met die klein dogtertjie gejaag Ellisras Hospitaal toe. Daargekom het die dokter reeds reggestaan met suurstof, ‘n drip en teengif.
Bertus het die slang doodgemaak en met die hulp van ‘n buurman geidentifiseer.
Nadat Mikayla  gestabiliseer is en sowat twee ampules, 20ml, slangteengif toegedien is, is sy oorgeplaas na die Montana Hospitaal in Pretoria. Die gesin behoort nie aan ‘n mediese fonds nie en die rekening vir die drie dae wat Mikayla in Montana Hospitaal behandel is, beloop R68 000. Sy is oorgeplaas na die Steve Biko-staatshospitaal.
Charmain sê dat sy tevrede is met die Mikayla se sorg by Steve Biko en dat die kleuter goed aanpas behalwe dat sy haar maatjies mis en wil huistoe gaan. “Dit gaan goed met my dapper kleindogter ten spyte van die feit dat haar gemoed op en af wip en dat sy so graag buite wil gaan speel.”
“Sy het reeds 6kg gewig verloor en weeg nou slegs 9kg,” vertel Charmain, “maar sy vorder baie vinniger en beter as wat die dokters verwag het.”

“Bertus is haar held,” sê Charmain. “Alhoewel sy glad nie 'n vrees vir slange oorgehou het nie, wil sy net vir almal ‘slang boots’ koop om die slange dood te skop!”
Intussen het Mikayla verskeie operasies ondergaan en is haar armpie aan haar lies vasgewerk in ‘n poging om die weefsel te help genees en bloedsirkulasie aan te moedig. Haar handjie sal vir nog twee weke so moet bly. As die prosedure suksesvol is, sal Mikayla haar armpie en hand se gebruik hou, dit is slegs haar middelvinger wat dalk geamputeer sal moet word indien hy nie herstel nie. “
“Die slanggif kan steeds ander areas van Mikayla se lyfie affekteer en sy sal vir ten minste nog ‘n maand of twee in die hospitaal moet bly,” vertel Charmain. “Sy vorder goed en as alles goed verloop sal sy met behulp van fisioterapie haar handjie kan rehabiliteer en gebruik.”
Vel is ook van haar rug en bobeen op haar voorarm oorgeplant. “Mikayla werk mooi saam en verbaas ons elke dag met haar vegtersgees en ruim hart,” sê Charmain. “Sy wou eers spartel om die armpie op te tel, maar nadat ons vir haar verduidelik het dat haar armpie gaan beter word as sy rustig is, het sy stil geword en haar lot aanvaar.”
“Gebed en simpatie van regoor die land het ingestroom en Mikayla het oor Kersfees baie geskenke ontvang. Sy het egter besluit om die geskenke met die ander siek maatjies wat saam met haar in die hospitaal se pediatriese afdeling lê te deel. So het sy van bed tot bed geloop en presente oor die Kerstyd uitgedeel!”
Namens Mikayla en haar familie bedank Charmain almal vir die moedige woorde en ondersteuning. “Ek wens ek kon haar seer op my neem. Dit is moeilik om die klein lyfie te sien krul van pyn, maar danksy my ‘omgee-mense’ druk ons deur – gedeelde smart maak die las ligter!”
Vir diegene wat finansiëel wil bydra, het die Tshwane Plek van Veiligheid, hul bankrekening beskikbaar gestel om te help met die mediese kostes. Die besonderhede is vir Nedbank: Kings Grace
Nedbank tjekrekening nr: 1017496595; Takkode 151745. Verwysing: Kayla Robbertse. Epos: almie@kingsgrace.co.za.
Sodra Mikayla by die huis is, sal Charmain ook weer begin werk soek. Sy het ‘n agtergrond as versekeringsmakelaar en sekretariële kennis. E-pos haar  by charmain.robbertse@gmail.com.

to comment you need to login first - Login

Mikayla gaan huis toe!

27 January 2012 By Helena Raats
News: Mikayla Robbertse (5) maak goeie vordering en is 27 Januarie ontlaan en kan uiteindelik huis toe gaan. Sy is in Desember twee keer deur ‘n Mozambiekse spoegkobra op die hand en elmboog gepik.
123 0 Comments

Nog operasies vir Mikayla

20 January 2012 By Helena Raats
News: Die ooreenkoms tussen Joliene en Mikayla se gevalle stem baie ooreen. Beide is in hul bed twee keer deur ‘n Mozambiekse spoegkobra gepik. Beide was binne ‘n halfuur by die hospitaal gewees.
177 0 Comments

Planne vir klein Mikayla

09 April 2012 By Valerie Cilliers
News: Willie en Janice Pelser van Kunkura Lodge net buite Lephalale was so aangeraak deur klein Mikayla Robbertse wat in Desember deur ‘n Mosambiekse spoegkobra gepik is dat hulle besluit het om vir haar rekonstruksie operasie geld in te samel.
75 0 Comments

Mikayla beleef terugslag

13 March 2012 By Valerie Cilliers
News: Die feit dat Mikayla Robbertse, die vyfjarige dogterjie wat Desember deur ‘n Mosambiekse spoegkobra gepik is, besonders goed en vinnig herstel het, maak dit vir familie baie moeilik wanneer daar wel tye kom wanneer dit nie so goed met haar gaan nie.
89 0 Comments

Mikayla by die huis!

09 February 2012 By Helena Raats
News: LEPHALALE- Dapper klein Mikayla Robbertse wat net voor Kersfees verlede jaar deur ‘n Mosambiekse spoegkobra in haar bed gepik is, is weer terug op eie bodem. Mikayla is Saterdag by die Palm Park Hotel met ope arms en geskenke deur inwoners van Lephalale verwelkom.
107 0 Comments

Site Navigation

Written By

Recent Author Articles