Renjaers wys hul staal


Date:

14 October 2011

Read:

71 0,0,1,0,0,0,1

Print

MOKOPANE - Die hitsmotorjaers van Mokopane het Saterdag teen die manne van Gauteng gewys wat in hulle steek toe hulle op die Bosveld Oval kragte gemeet het.
In die Stockrods afdeling het Mokopane jaers die podium volgestaan met Frikkie van der Merwe eerste, Raymond Cooper twede en Louis Ruitenberg, derde.
In die 1660cc ombouïnsklas was dit net Frederick Cooper van Mokopane wat ‘n derde plek kon behaal.
Die eerste en twede plekke het aan Ben Venter en Jacques Bruwer van Pretoria gegaan.
Met die jaers in die twee liter ombouïnsklas het dit beter gegaan. Jan Venter van Mokopane was eerste en Darren Foss ook van Mokopane, was twede. Ben Venter het derde plek behaal.
Die V8 en Midget klas is deur die Gautenghers oorheers.

to comment you need to login first - Login

‘n Passie vir vinnige karre!

11 October 2011 By Jasper Raats
Sport: MOKOPANE - André Coetzer is een van omtrent 30 renjaers wat minstens een keer per maand in hul witwarm renmotors by die Bosveld Oval buite Mokopane bymekaarkom en dan die teer oprol in die stryd om eerste verby die blokkiesvlag te jaag. Hy het hierdie week met Noordelike Nuus oor motorresies en sy drome gesels.
71 0 Comments

Piet Pot gholfers maak skoonskip

30 April 2012 By Cindy Pretorius
Sport: Hoërskool Piet Potgieter se en Ellisras Hoërskool se gholfspanne het verlede Vrydag in Mokopane teen die spanne van Pietersburg Hoërskool en Hoërskool Heuwelkruin kragte gemeet waar Piet Potgieter as wenners vir die dag uit die stryd getree het.
14 0 Comments

Site Navigation

Written By

Recent Author Articles