Los ons wapens - SA Jagters


Date:

15 December 2011

Read:

497 2,1,2,1,2,1,1

Print

Die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het beswaar gemaak teen ‘n algemene stelling dat wapens in private besit in geweld en intimidasie teen vroue en kinders gebruik word.
“Dit is ‘n onbillike veralgemening en blatante versinsel,” het Dr. Herman Els, bestuurder van jag en bewaring by SAJWV gesê.
SA Jagters se reaksie volg op ‘n artikel wat op 7 Desember in Die Burger verskyn het wat lui dat Dr. Naeemah Abrahams van die Mediese Navorsingsraad glo versoek het dat die voorgestelde wysigings in die vuurwapenwet teengestaan behoort te word omdat dit tot meer geweld teen vroue en kinders sal lei. Dr. Abrahams het deelgeneem aan ‘n bespreking oor 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders wat by die Saartjie Baartman-sentrum gehou is.
Els sê dat mense wat geneig is tot intimidasie en geweld teen vroue en kinders nie ‘n vuurwapen nodig het om sulke onverskoonbare dade te pleeg nie. “Só ‘n onregverdige en irrasionele stelling soos wat Dr. Abrahams na bewering gemaak het, dra geensins by om geweld in ons samelewing te bekamp nie.”
Hy het die MNR en ander owerhede versoek om eerder die onderliggende oorsake van geweld teen vroue en kinders in ons gemeenskap te ondersoek sodat ons kan verstaan waarmee ons te make het en dan daadwerklik kan optree.
Volgens die artikel het Dr. Abrahams gesê die voorgestelde wysigings tot die vuurwapenwetgewing verlaag die ouderdomsperk vir vuurwapeneienaars en verhoog die aantal vuurwapens wat een persoon mag besit.
“Dit is glad nie waar nie. Haar interpretasie van die voorgestelde wysigings tot die Wet op die Beheer van Vuurwapens is verkeerd. Die ouderdomsperk bly 21 en die hoeveelheid vuurwapens word steeds streng gereguleer,” het Els gesê.
Els het Maandag aan Noordelike Nuus gesê dat die grootste wysiging wat moontlik in Maart in werking sal tree handel oor die uitreiking van bevoegdheidssertifidate vir voorlaaiers. ‘n Verdere verandering is dat bevoegdheidssertifikate nou gekoppel sal word aan die tydperk van die wapenlisiensie. “Daar is geen veranderinge gemaak aan ouderdomsperk of hoeveelheid vuurwapens wat ‘n persoon mag besit nie. Dr. Abrahams is ook verkeerd in haar stelling dat private vuurwapen besit tot geweld lei. Statistieke wys dat dit grootendeels polisievuurwapens is wat by baie voorvalle van geweld gebruik word.”

to comment you need to login first - Login

Plaasmoorde in SA kom voor die VN

05 December 2011
News: Die burgerregte-organisasie AfriForum het in sy spreekbeurt by die Verenigde Nasies (VN) Menseregteraad se konferensie oor minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland, ʼn beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om die krisisafmetings wat plaasmoorde in Suid-Afrika aanneem, ten sterkste te veroordeel.
67 0 Comments

Selfs breinaalde straks onwettig

30 September 2011
News: Kenners het hierdie week gewaarsku dat die regering se voorgestelde wetgewing oor sogenaamde gevaarlike wapens van byna enigiemand ‘n krimineel gaan maak en byna onmoontlik gaan wees om te polisieer.
32 0 Comments

Entabeni staan by bestuurder

09 February 2012 By Jasper Raats
News: Die Reservaatbestuurder van die spog privaat natuurreservaat, Entabeni, Jan Louis Lessing (58), het verlede Donderdag in die Naboomspruit-landdroshof verskyn op klagte van die besit van renosterhorings en olifanttande.
36 0 Comments

Koshuis nou 'n plakkersnes

03 November 2011 By Jasper Raats
News: MOKOPANE - Die geboue van die Johan Nel Koshuis wat jare lank ‘n weektuiste was vir plaasseuns wat by Hoërskool Piet Potgieter skoolgegaan het, is nou ‘n vuil plakkersnes.
87 0 Comments

Site Navigation

Written By

Valerie Cilliers

Valerie Cilliers is a qualified radio journalist who moved to Lephalale in 2010 where she now lives with her husband, four children and three dogs. She grew up in Durban and studied Communication at the University of the North West. Cilliers is an avid Sharks supporter and loves living in the Bushveld.

Recent Author Articles