Lephalale: Parke gaan nie gou beter lyk nie

Date:

17 February 2012

Read:

48 0,0,1,0,0,0,1

LEPHALALE - Personeel tekorte en verouderde toerusting is die rede waarom parke en pad reserwes in Lephalale slegter daarna uitsien as vyf jaar gelede. Dit was die antwoord hierdie week van Kobus Roux wat met sy span van sowat 40 werkers verantwoordelik is vir parke in en om Lephalale. Noordelike Nuus het met hom gesels na aanleiding van verskeie klagtes deur lesers. Hy verduidelik dat gras in parke en pad reserwes minder gereeld gesny word omdat daar vandag minder personeel is wat na ‘n groter gebied moet omsien. Daar bestaan volgens Roux tans verskeie vaktures in die afdeling. “Ons vra elke jaar aan die Raad om meer mense aan te stel, maar die begroting laat dit nie toe nie. Paaie en parke is die twee afdelings in ‘n stadsraad waar die munisipaliteit nie geld genereer nie. Daarom is dit seker nie altyd die nommer een prioriteit wanneer daar geld begroot word nie.” Weens die feit dat die Munisipaliteit tegnies bankrot is asgevolg van uitstaande water-, elektrisiteit- en grondbelastingsgelde en die feit dat dit grootliks afhanklik is van gelde van provinsiale departmente, wat self onder finansiële druk verkeer, meen Roux dat die toestand van parke en pad reserwes nie gou gaan verbeter nie. “Ons doen wat ons kan, maar sonder personeel en nuwe toerusting is dit baie moeilik.”

to comment you need to login first - Login

Munisipale verval?

27 January 2012 By Jasper Raats
News: MOKOPANE – Raadslede aan beide kante van die politieke spektrum is hande-in-die-hare oor die vervalle toestand van paaie, sypaadjies en parke in Mokopane.
69 0 Comments

Onderwys stuur op ramp af

20 February 2012 By Jasper Raats
News: Meer as 80% van skole in Limpopo het nog geen geld van die Provinsiale departement van onderwys ontvang nie. Faan Visagie, provinsiale bestuurder van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) in Limpopo, het hierdie week aan Noordelike Nuus gesê daar is skole in die Waterberg Distrik wat nie hulle elektriesiteit en water kan betaal nie.
58 0 Comments

Polisie kort wiele en hande

28 October 2011 By Valerie Cilliers
News: Polisiebeamptes en lede van die gemeenskap se lewens word daagliks in gevaar gestel weens onvoldoende mannekrag en hulpbronne in die polisiemag. Dit is die mening van verskeie polisie beamptes waamee Noordelike Nuus hierdie week gesels het.“Ons het ‘n groot tekort aan mannekrag en ek voel soms moedeloos omdat ons nie effektief hierdie area kan polisieer nie,” sê Ronel Dickenson, Tom Burke se stasiebevelvoerder.
67 0 Comments

Meer toegang na Kerkstraat asseblief

27 February 2012 By Jasper Raats
News: LEPHALALE - Inwoners van die nuwe gedeelte van Kerkstraat en die hoof van verkeer, Agrey Nyalana, is tans besig met ‘n aksie om Kerkstraat se verkeersvloei te verbeter. Die DA het ook hierdie week ‘n mosie ingedien dat die saak dringend deur die stadsraad ondersoek word.
32 0 Comments

Site Navigation

Written By

Valerie Cilliers

Valerie Cilliers is a qualified radio journalist who moved to Lephalale in 2010 where she now lives with her husband, four children and three dogs. She grew up in Durban and studied Communication at the University of the North West. Cilliers is an avid Sharks supporter and loves living in the Bushveld.

Recent Author Articles