'n Fees van 'n ander kleur

Date:

17 February 2012

Read:

64 0,1,0,0,0,0,1

Daar word heelwat veranderinge beplan vir vanjaar se Mokopane Kierieklapper Kunstefees soos eie aan die embleem van die Kunstefees, die verkleurmannetjie. Die fees skop af op 9 Augustus 2012 en is ten bate van die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes en Hoërskool Piet Potgieter se skoolterrein is waar al die bedrywinghede gaan plaasvind. Feesgangers gaan vanjaar vir die eerste keer hekgelde betaal om toegang te verkry tot die Kierieklapper Kunstefees. Dit beteken dat alle produksies en optredes tydens die dag vir u toeganklik is, dat u nie nog ekstra kaartjies moet koop vir optredes nie. U betaal dus een keer en verkry toegang tot kuns, kleurvolle produksies en talle stalletjies. Kunstenaars wat kleur aan die fees gaan gee is onder andere, Elize Cawood, die nuwe sanggroep Adam, Jakkie Louw en Kevin Leo, Heinz Winckler en Karlien van Jaarsveld - om net ‘n paar te noem. Die Kierieklapper Golfdag gaan steeds voort soos vorige jare, maar die pretstap gaan vervang word met ‘n 3-kamp of fietsrit. ‘n “Gospel” fees word vir Sondag, 12 Augustus beplan met onder andere “Onbeskaamd” en ‘n geestelike kinderproduksie Rooikappie en Wolf. Optredes deur verskeie plaaslike kore sal ook deel uitmaak van die Gospel fees. Die gemeenskap word aangemoedig om hierdie jaar alle vriende vanoor die hele Suid-Afrika te nooi om ‘n heerlike Bosveld-langnaweek te kom beleef, en terselftertyd te deel in al die bedrywighede gedurende vanjaar se Kierieklapper Kunstefees. ‘n Kleurvolle Kiereklapper Kunstefees inderdaad: 9-12 Augustus 2012. Kontak gerus die Potgietersrus Dienssentrum op 015 - 491 5747 of 076 844 0043 vir meer inligiting rondom stalletjies en kustenaars.

to comment you need to login first - Login

Motorfietsfees vir oupas en oumas!

10 November 2011
News: MOKOPANE - Die afgelope naweek se Brille & Pille Wiele Fees was ‘n reuse sukses, selfs beter as vorige jare, sê Bennie Venter, een van die organiseerders van die jaarlikse motorfietssaamtrek ten bate van die Piet Potgieter Monument Tehuis.
83 0 Comments

Deur ‘dik’ en ‘dun’ vir oumense

11 October 2011 By Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - Al is Karien van Niekerk nou maar net ses maande ‘n Bosvelder, het dié vormalige Laevelder al reeds diep in die harte van baie mense in Lephalale ingekruip. As sangeres en motiveringsspreker het Karien al by verskeie damestees en meer onlangs by KANSA se oggendtee opgetree. Met ‘n verskeidenheid van musiek en selfs ‘n kaberet nommertjie of twee, is dit vir elkeen in die gehoor duidelik dat hierdie vrou op ‘n verhoog hoort.
69 0 Comments

‘n Passie vir vinnige karre!

11 October 2011 By Jasper Raats
Sport: MOKOPANE - André Coetzer is een van omtrent 30 renjaers wat minstens een keer per maand in hul witwarm renmotors by die Bosveld Oval buite Mokopane bymekaarkom en dan die teer oprol in die stryd om eerste verby die blokkiesvlag te jaag. Hy het hierdie week met Noordelike Nuus oor motorresies en sy drome gesels.
71 0 Comments

Site Navigation