Neem ‘n oupa en ouma aan

Date:

17 February 2012

Read:

42 0,0,0,1,0,0,0

LEPHALALE - “Neem ‘n oupa en ouma in Ellisras aan” is die inisiatief van Linda Rocher, ‘n inwoner van Lephalale met ‘n hart vir bejaardes. Linda het die Facebook groep in Januarie begin om inwoners aan te spoor om uit te reik na bejaardes in die gemeenskap. “Daar is ons dorp baie bejaardes wat bedags alleen by die huis en baie eensaam is. Hulle het geselskap nodig en iemand wat omgee. Iemand wat hulle soms dorp toe kan vat om inkoppies te doen of dokter toe wanneer dit nodig is. Selfs in die ouetehuis is daar mense wat nooit kuiermense kry nie. Hulle het wel geselskap maar nie iemand wat spesiaal vir hulle kom kuier nie.” Die groep moedig mense aan om betrokke te raak by die Maroela oord deur vir ‘n huis verantwoordelikheid te neem. “Ek besoek gereeld huis Bokmakierie om te hoor waar ek kan help, ons soek mense om by ander huise betrokke te raak om te bepaal wat die behoeftes is, verjaarsdae te onthou en gereeld te besoek. Inwoners van Lephalale wat betrokke wil raak kan Linda skakel by 083 653 2095. Almal is ook welkom om ‘n bekenstellings vergadering by te woon by Agape gemeente se kerksaal in Peter Mokaba straat, Donderdag 18h00.

to comment you need to login first - Login

‘n Vakansie om te onthou

28 October 2011
News: Verskeie inwoners en besighede in en rondom Lephalale het hulle harte wyd oopgemaak vir ‘n groep van 10 meisies van die Abraham Kriel kinderhuis in Modimolle. Twee gesinne van die kinders see toe geneem vir die vakansie. Die uitreik is ‘n inisiatief van die N.G gemeente Ellisras-Wes en aangesien huis Matopie die afgelope 10 jaar nie by die see was nie, het kindervriende Ferdi en Debbie Breedt en André en Nelanie Burger aangebied om die kinders see toe te vergesel. Koos en Hannetjie Nel van die N.G. gemeente in Koedoeskop het ook besluit om die lang pad saam met hulle aan te durf.
84 0 Comments

Deur ‘dik’ en ‘dun’ vir oumense

11 October 2011 By Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - Al is Karien van Niekerk nou maar net ses maande ‘n Bosvelder, het dié vormalige Laevelder al reeds diep in die harte van baie mense in Lephalale ingekruip. As sangeres en motiveringsspreker het Karien al by verskeie damestees en meer onlangs by KANSA se oggendtee opgetree. Met ‘n verskeidenheid van musiek en selfs ‘n kaberet nommertjie of twee, is dit vir elkeen in die gehoor duidelik dat hierdie vrou op ‘n verhoog hoort.
69 0 Comments

Vroue staan saam teen kanker

30 September 2011 By Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - As deel van die KANSA Cuppa inisiatief het die Lephalale KANSA- tak Saterdag ‘n damestee aangebied. Met pragtige gedekte tafels en heerlike gebak het die vroue van Lephalale die kans gehad om saam te kuier.
105 0 Comments

Deur Dik en Dun-toer 'n groot sukses!

20 January 2012 By Valerie Cilliers
News: “Hierdie toer het ons lewens verander,” vertel Hennie Pepler wat nie uitgepraat kan raak oor die “Deur Dik en Dun met Dolla” Noord Kaap toer nie. Pepler, het saam met Karien van Niekerk, Angie Marais en Stompie Venter, almal van Ellisras, die langpad aangedurf om bejaardes in Zeerust, Vryburg, Kuruman, Upington, Keimoes, Pofadder, Pella, Springbok, Soebatsfontein en Loeriesfontein met musiek te bedien.
31 0 Comments

Site Navigation

Written By

Valerie Cilliers

Valerie Cilliers is a qualified radio journalist who moved to Lephalale in 2010 where she now lives with her husband, four children and three dogs. She grew up in Durban and studied Communication at the University of the North West. Cilliers is an avid Sharks supporter and loves living in the Bushveld.

Recent Author Articles