S-draai eis nog lewens


Date:

17 February 2012

Read:

152 1,0,1,0,0,0,0

Print

LEPHALALE - Die S-draaie tussen die berge op die R510 (Thabazimbi-pad) het Saterdag 11 Februarie nog lewens geëis met ‘n kop-aan-kop botsing tussen ‘n brandstoftenker en ‘n laebed-swaarladingvoertuig. Een van die voertuie het vermoedelik aan die verkeerde kant van die pad om die draai gegaan.
Volgens die polisie het die brandstoftenker aan die brand geslaan en het daar drie mense in die ongeluk gesterf. Hulle was onherkenbaar verbrand en hul identiteite kon nie bevestig word teen druktyd nie. Vermoedens bestaan dat daar dalk meer as drie mense omgekom het, maar hierdie inligting kon ook nie teen druktyd bevestig word nie.
Slegs een persoon kon vinnig genoeg uit die brandende wrakke kom en was vir geringe beserings behandel.
Die pad was vir ure lank gesluit terwyl die brandweer die vlamme onder beheer gebring het en opruimingswerk aan die gang was.  Dit het die res van die naweek geneem om al die wrakstukke te verwyder. Teen Maandagoggend was die pad weer oop vir normale verkeer.

to comment you need to login first - Login

Stoeiers skitter by Limpopo Ope

18 March 2012 By Jasper Raats
Sport: Mogol stoeiklub in Lephalale was Saterdag die gasheer vir die Limpopo ope stoeikampioenskappe. Stoeiers van regoor die land het Saterdag mekaar die stryd in ‘n warm Lephalale aangesê.
42 0 Comments

Lephalale verloor ‘n geliefde seun

30 April 2012 By Jasper Raats
News: LEPHALALE - Inwoners van Lephalale het Vrydag met groot hartseer afkeid geneem van bekende sakeman van die dorp, Stephan Hattingh, waar hy uit die NG Kerk Wes in Onverwacht begrawe is. Hattingh is verlede Dindsdagaand op pad van Thabazimbi na Lephalale in ‘n motorongeluk oorlede.
30 0 Comments

‘n Vakansie om te onthou

28 October 2011
News: Verskeie inwoners en besighede in en rondom Lephalale het hulle harte wyd oopgemaak vir ‘n groep van 10 meisies van die Abraham Kriel kinderhuis in Modimolle. Twee gesinne van die kinders see toe geneem vir die vakansie. Die uitreik is ‘n inisiatief van die N.G gemeente Ellisras-Wes en aangesien huis Matopie die afgelope 10 jaar nie by die see was nie, het kindervriende Ferdi en Debbie Breedt en André en Nelanie Burger aangebied om die kinders see toe te vergesel. Koos en Hannetjie Nel van die N.G. gemeente in Koedoeskop het ook besluit om die lang pad saam met hulle aan te durf.
84 0 Comments

Nog R47 000 vir Pippie

18 March 2012 By Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - Sowat 450 mense het Saterdag se Noodsangfees ten bate van Isabella Kruger (Pippie) by die Boskroeg in Lephalale bygewoon. Net meer as R47 000 is tydens die geleentheid vir die “Pippie se gesiggie” fonds ingesamel.
102 0 Comments

Site Navigation

Written By

Marie Hurter

Marie Hurter – selfaangedrewe ma van twee, funksie-fundi in wording en dokumentêre filmredigeerder wat ook deeltyds werk as vryskut joernalis.

Recent Author Articles