Deur Dik en Dun-toer 'n groot sukses!


Date:

20 January 2012

Read:

31 0,0,0,0,0,0,0

Print

“Hierdie toer het ons lewens verander,” vertel Hennie Pepler wat nie uitgepraat kan raak oor die “Deur Dik en Dun met Dolla” Noord Kaap toer nie. Pepler, het saam met Karien van Niekerk, Angie Marais en Stompie Venter, almal van Ellisras, die langpad aangedurf om bejaardes in Zeerust, Vryburg, Kuruman, Upington, Keimoes, Pofadder, Pella, Springbok, Soebatsfontein en Loeriesfontein met musiek te bedien.
Op Saterdag 26 November vetrek hulle  vanaf Lephalale sonder om te weet wat vir hulle voorlê. Hennie wat noukeurig dagboek gehou het se eerste inskrywing lui: “Die gemoedstemming in die bakkie is vol van afwagting en onsekerheid oor dit wat vir ons wag. Ons stop by die uitgang van die dorp en die gebed en emosie van groet is nogal swaar maar haastig verby. Die dinge wat ons op papier en in ons harte beplan het is nou ‘n realiteit.”...en so begin hulle tog.
Die eerste optrede op Zeerust is ‘n groot sukses, maar op  Vryburg  loop dinge nie so volt nie. Hennie skryf: “En daar pak die senuwees ons beet. Dankie tog vir die gesoute Dolla. Ek en Stompie kan nie ons woorde onthou nie. Die liedjies loop swaar en Angie moet kort-kort ons redding wees. Met afwating wag ons vir die reaksie....Al die oumensies in die gehoor staan soos een man op en voor ons besef is die hele tehuis op ons met drukkies en soentjies. Die program is ‘n sukses. Ons groet en ons huil en ons lag, maar diep binne het iets ons diep getref. Dit is God wat werk in mense se harte.”
So toer hulle deur die Noord Kaap tot by Loeriesfontein, die laaste bestemming: “Die rye van oumenseis wat dankie wil sê is weer daar en ek weet nie hoe om die trane te stop nie. Die toer is klaar en ons groet swaar want die tannies en ooms se harte is so oop. Daar word gespook om Angie te behou en die ander tannies wil Stompie aanneem. Ai dis lekker. Ek gaan dit weer doen en weer doen en weer doen...”
Hennie vertel dat hulle hierdie jaar weer so ‘n toer beplan. “Hierdie keer wil ons‘n groep jongmense saamneem. Ons het so baie geleer en ek wil die jonges van Ellisras die geleentheid gee om dit ook te beleef,” vertel hy.

to comment you need to login first - Login

Deur ‘dik’ en ‘dun’ vir oumense

11 October 2011 By Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - Al is Karien van Niekerk nou maar net ses maande ‘n Bosvelder, het dié vormalige Laevelder al reeds diep in die harte van baie mense in Lephalale ingekruip. As sangeres en motiveringsspreker het Karien al by verskeie damestees en meer onlangs by KANSA se oggendtee opgetree. Met ‘n verskeidenheid van musiek en selfs ‘n kaberet nommertjie of twee, is dit vir elkeen in die gehoor duidelik dat hierdie vrou op ‘n verhoog hoort.
69 0 Comments

‘n Vakansie om te onthou

28 October 2011
News: Verskeie inwoners en besighede in en rondom Lephalale het hulle harte wyd oopgemaak vir ‘n groep van 10 meisies van die Abraham Kriel kinderhuis in Modimolle. Twee gesinne van die kinders see toe geneem vir die vakansie. Die uitreik is ‘n inisiatief van die N.G gemeente Ellisras-Wes en aangesien huis Matopie die afgelope 10 jaar nie by die see was nie, het kindervriende Ferdi en Debbie Breedt en André en Nelanie Burger aangebied om die kinders see toe te vergesel. Koos en Hannetjie Nel van die N.G. gemeente in Koedoeskop het ook besluit om die lang pad saam met hulle aan te durf.
84 0 Comments

Ma, ek soek 'n ou!

18 October 2011 By Marie Hurter
News: Lephalale – 11-13 Oktober. Ellisras Hoërskool se musiekblyspel “Ma Ek Soek ‘n Ou” was ‘n wêreldreis op een verhoog. Die produksie, onder leiding van Annelie Wessels en opgevoer deur graad 8 tot 12 leerders, was ‘n spanpoging deur verskeie onderwysers en ouers.
56 0 Comments

Vroue staan saam teen kanker

30 September 2011 By Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - As deel van die KANSA Cuppa inisiatief het die Lephalale KANSA- tak Saterdag ‘n damestee aangebied. Met pragtige gedekte tafels en heerlike gebak het die vroue van Lephalale die kans gehad om saam te kuier.
105 0 Comments

Site Navigation

Written By

Valerie Cilliers

Valerie Cilliers is a qualified radio journalist who moved to Lephalale in 2010 where she now lives with her husband, four children and three dogs. She grew up in Durban and studied Communication at the University of the North West. Cilliers is an avid Sharks supporter and loves living in the Bushveld.

Recent Author Articles