Isabella steeds kritiek

Klein Isabella (2) tans in die hospitaal met derdegraadse brandwonde oor 80% van haar lyfie.

Date:

20 January 2012

Read:

470 1,0,4,32,5,6,9

Print

Isabella Kruger of Pippie, soos die twee-jarige dogtertjie bekend is aan haar familie en vriende, veg steeds dapper waar sy sedert die begin van Januarie in die Garden City Hospitaal in Brixton vir derde graadse brandwonde oor 80% van haar lyfie behandel word.
Noordelike Nuus het verlede week berig dat Isabella erg gebrand het toe ‘n bottel met vuuraansteekmiddel in haar pa se hande ontplof het. Hulle is woonagtig op 'n plaas naby Lephalale.
Haar ma, Anice Kruger vertel dat Isabella steeds kritiek is. “Dokters het Dinsdag gesê dat haar gesiggie erger seergekry het as wat aanvanklik gediagnoseer is. Haar wonde het ook erg begin bloei na die operasie en sy moes baie bloed kry om haar te stabiliseer.”
Teen Woensdagaand het Kruger laat weet dat daar moontlik skade aan haar niere is en dat sy vog terughou. Daar sou Donderdag met  dialise begin word om die niere te help. "... my hart is in stukke... Ek weet nie hoe om haar te laat beter voel nie - kan niks vir my pops doen nie. Maar ons sal aanhou bid want net God kan nou help.."
Fondse is gestig om die familie by te staan. Die rekening besonderhede (persoonlik) is:
C.A Kruger
ABSA Bank - Ellisras
Savings Acc: 147 816 9228
of Beauty VLU se trust:
P Ortner
Acc. 00095362018
Branch code 460005
SA POST OFFICE

‘n SMS donasielyn stel ook die publiek in staat om R10 vir die fonds by te dra deur die woord Pippie na 38008 te SMS.

to comment you need to login first - Login

Isabella (2) veg voort na vuur-ongeluk

12 January 2012 By Valerie Cilliers
News: Ek wens ek kon vir iemand kwaad wees, maar dit was ‘n fratsongeluk .” So beskryf Anice Kruger die tragiese gebeure van Oujaarsaand op hulle plaas, Friesland, net buite Lephalale waar Kruger se twee-jarige dogtertjie, Isabella, derde graadse brandwonde oor 80% van haar ligaampie opgedoen het.
456 0 Comments

Pienk vir Pippie!

27 January 2012 By Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - Die nuus oor die twee-jarige Isabella (Pippie) Kruger van Lephalale wat op Oujaarsaand erg verbrand het toe ‘n bottel vuuraansteekmiddel naby haar ontplof het, het mense landswyd aan die bid. Ter ondersteuning van klein Pippie het duisende weldoeners onderneem om vandag (Vrydag) pienk te dra.
415 0 Comments

Mikayla: “Ouma, is daar nog ‘n buite?”

12 January 2012 By Helena Raats
News: “Ouma, is daar nog ‘n buite?” So het Mikayla Robbertse, die vyf-jarige kleutertjie wat op 19 Desember 2011 deur ‘n Mozambiekse spoegkobra gepik is, verlede week gevra nadat sy al verskeie pynlike operasies en veloorplantings ondergaan het.
292 0 Comments

Tiener piekfyn na kobra haar twee keer pik

20 January 2012 By Helena Raats
News: Blitse optrede het vir Joliene van Dyk (14), ‘n Graad 8-leerling van Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi, maande se operasies en terapie gespaar nadat sy in die vroëe oggendure van 9 Januarie twee keer deur ‘n Mozambiekse spoegkobra in haar bed gepik is.
91 0 Comments

Nog operasies vir Mikayla

20 January 2012 By Helena Raats
News: Die ooreenkoms tussen Joliene en Mikayla se gevalle stem baie ooreen. Beide is in hul bed twee keer deur ‘n Mozambiekse spoegkobra gepik. Beide was binne ‘n halfuur by die hospitaal gewees.
129 0 Comments

Site Navigation

Written By

Valerie Cilliers

Valerie Cilliers is a qualified radio journalist who moved to Lephalale in 2010 where she now lives with her husband, four children and three dogs. She grew up in Durban and studied Communication at the University of the North West. Cilliers is an avid Sharks supporter and loves living in the Bushveld.

Recent Author Articles