Mogol krokodil eis glo lewe


Date:

20 January 2012

Read:

63 0,0,0,0,0,0,0

Print

LEPHALALE - Dit gons onder die Bosveld-gemeenskap oor krokodille in die Mogolrivier nadat ‘n Zimbabwïer Sondagmiddag omstreeks 15h00 deur ‘n krokodil gevang is.
Volgens gerugte het lede van die publiek wat naby die laagwaterbrug by die Beska-afdraai visgevang het, die betrokke man gewaarsku om nie daar te swem nie. Die man het volgens ooggetuies onder die water verdwyn en is nie weer gesien nie. Polisieduikers van Polokwane het Maandagoggend na die lyk gesoek, maar niks gekry nie.
Adjudant offisier, Frans Mokoena, doen ‘n beroep op die publiek om nie in die Mogolrivier te swem veral as die watervlak so hoog is nie.
Anna du Toit van die plaas Monte Christo wat aan die rivier grens sê sy waarsku al baie jare dat daar groot krokodille in die rivier is. “As ons in die aand langs die rivier stap en ‘n lig oor die water skyn is dit net oë.”
Du Toit sê sy sien gereeld mense wat halflyf in die water instap om vis te vang.

to comment you need to login first - Login

Potties gaan nog 'n stad word!

05 March 2012 By Jasper Raats
News: Met al die gewag wat die Premier tydens sy provinsiale rede van Lephalale gemaak het as ‘n “stad van die toekoms” het ander ontwikkelingsbrandpunte in Limpopo effe agterweë gebly.
134 0 Comments

Mikayla by die huis!

09 February 2012 By Helena Raats
News: LEPHALALE- Dapper klein Mikayla Robbertse wat net voor Kersfees verlede jaar deur ‘n Mosambiekse spoegkobra in haar bed gepik is, is weer terug op eie bodem. Mikayla is Saterdag by die Palm Park Hotel met ope arms en geskenke deur inwoners van Lephalale verwelkom.
107 0 Comments

Groot aspirasies vir nuwe Hoërskool

23 September 2011 By Valerie Cilliers
News: LEPHALALE – Ten spyte van "logistieke rompslomp” deur die Departement van Onderwys, sê die nuut-aangestelde hoof van Lephalale Hoërskool, Jasper Louw, is hy baie opgewonde oor die uitdaging wat aan hom gestel is.
183 0 Comments

Maak skoon of betaal - Munisipaliteit

03 November 2011 By Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - Oop erwe in dorpsgebiede gaan vanaf 12 November deur die munisipaliteit skoongemaak word en die eienaars van die erwe sal die rekening moet betaal. Dit volg nadat eienaars deur advertensies in die plaaslike media verlede week gewaarsku is.
47 0 Comments

Site Navigation

Written By

Valerie Cilliers

Valerie Cilliers is a qualified radio journalist who moved to Lephalale in 2010 where she now lives with her husband, four children and three dogs. She grew up in Durban and studied Communication at the University of the North West. Cilliers is an avid Sharks supporter and loves living in the Bushveld.

Recent Author Articles