Tiener piekfyn na kobra haar twee keer pik


Date:

20 January 2012

Read:

134 0,0,0,0,0,0,0

Print

Blitse optrede  het vir Joliene van Dyk (14), ‘n Graad 8-leerling van Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi, maande se operasies en terapie gespaar nadat sy in die vroëe oggendure van 9 Januarie twee keer deur ‘n Mozambiekse spoegkobra in haar bed gepik is.
Net soos die geval van Mikayla Robbertse (5), het Joelene gelê en slaap toe sy iets koud teen haar lyf voel beweeg. “Ek het my hand uitgesteek en koue rubber gevoel – die volgende oomblik staan ek toe regop op my bed met die slang in my hand!”
Joliene het die slang van haar af weggegooi, maar nie voordat hy haar ‘n tweede keer skrams op die regterpols gepik het nie. “Ek het geskree en besef ek is op my regterarm pik en na my ouers se kamer gehardloop.”
Joliene se pa, George van Dyk, het opgespring en die slang onmiddellik begin soek terwyl haar ma, Elmarie, die dokter en hospitaal gebel het. George het die slang onder ‘n kas in Joelene se kamer gekry, hom doodgemaak en geidentifiseer.  “Ek ken gelukkig slange goed en het dadelik geweet dat dit die Mozambiekse spoegkobra is, daarna het ons die dokter ingelig en hospitaal toe gejaag.”
Die Van Dyk’s bly op die plaas Holland, sowat 65km op die Dwaalboom-pad buite Thabazimbi. “Vandat Joliene die eerste keer gegil het totdat ons by die Mediclinic Hospitaal in Thabazimbi gestop het was ‘n halfuur,” vertel George. “Daargekom het Dr. Pieter de Kock saam met die hospitaal se personeel reggestaan met slangteengif en ‘n drip.”
Joliene is onmiddellik 11 ampules (110ml) teengif toegedien om die slang se gif af te breek.
Die Maandag is sy vir veiligheid oorgeplaas na die Pretoria-Oos Hospitaal waar sy gemonitor is en skaars ‘n week later, op Saterdag 14 Januarie, is sy weer by die huis met ‘n effense  geswelde arm en slegs ‘n klein bytmerkie.
“Dinge kon so anders verloop het…” sê George, “maar danksy die dokters se kennis, die regte behandeling en die gemeenskap se gebede is Joliene binne ‘n week weer tuis.”
Die Van Dyk’s bedank graag almal wat hulle ondersteun het en bygestaan het.

to comment you need to login first - Login

Nog operasies vir Mikayla

20 January 2012 By Helena Raats
News: Die ooreenkoms tussen Joliene en Mikayla se gevalle stem baie ooreen. Beide is in hul bed twee keer deur ‘n Mozambiekse spoegkobra gepik. Beide was binne ‘n halfuur by die hospitaal gewees.
177 0 Comments

Mikayla gaan huis toe!

27 January 2012 By Helena Raats
News: Mikayla Robbertse (5) maak goeie vordering en is 27 Januarie ontlaan en kan uiteindelik huis toe gaan. Sy is in Desember twee keer deur ‘n Mozambiekse spoegkobra op die hand en elmboog gepik.
123 0 Comments

Mikayla: “Ouma, is daar nog ‘n buite?”

12 January 2012 By Helena Raats
News: “Ouma, is daar nog ‘n buite?” So het Mikayla Robbertse, die vyf-jarige kleutertjie wat op 19 Desember 2011 deur ‘n Mozambiekse spoegkobra gepik is, verlede week gevra nadat sy al verskeie pynlike operasies en veloorplantings ondergaan het.
392 0 Comments

Planne vir klein Mikayla

09 April 2012 By Valerie Cilliers
News: Willie en Janice Pelser van Kunkura Lodge net buite Lephalale was so aangeraak deur klein Mikayla Robbertse wat in Desember deur ‘n Mosambiekse spoegkobra gepik is dat hulle besluit het om vir haar rekonstruksie operasie geld in te samel.
75 0 Comments

Mikayla beleef terugslag

13 March 2012 By Valerie Cilliers
News: Die feit dat Mikayla Robbertse, die vyfjarige dogterjie wat Desember deur ‘n Mosambiekse spoegkobra gepik is, besonders goed en vinnig herstel het, maak dit vir familie baie moeilik wanneer daar wel tye kom wanneer dit nie so goed met haar gaan nie.
89 0 Comments

Site Navigation

Written By

Recent Author Articles