News: LEPHALALE - Die nuus oor die twee-jarige Isabella (Pippie) Kruger van Lephalale wat op Oujaarsaand erg verbrand het toe ‘n bottel vuuraansteekmiddel naby haar ontplof het, het mense landswyd aan die bid. Ter ondersteuning van klein Pippie het duisende weldoeners onderneem om vandag (Vrydag) pienk te dra.
News: LEPHALALE - Sowat 450 mense het Saterdag se Noodsangfees ten bate van Isabella Kruger (Pippie) by die Boskroeg in Lephalale bygewoon. Net meer as R47 000 is tydens die geleentheid vir die “Pippie se gesiggie” fonds ingesamel.
News: Japsnoetjies Kleuterskool se konsert het verlede Vrydag ma’s en pa’s trots laat glimlag. Hulle het omtrent hul oulike danspassies met oorgawe aangedurf. Die kinders het geskitter op ‘n verhoog wat pragtig versier was.
Fotos: Liezl Gouws
News: Isabella Kruger of Pippie, soos die twee-jarige dogtertjie bekend is aan haar familie en vriende, veg steeds dapper waar sy sedert die begin van Januarie in die Garden City Hospitaal in Brixton vir derde graadse brandwonde oor 80% van haar lyfie behandel word.
News: Die organiseerders van die Brille, Pille en Wielefees het onlangs bymekaar gekom om die hoof borge van die dag te bedank vir hul onbaatsugtige bydraes.