Onderwys stuur op ramp af


Date:

20 February 2012

Read:

58 0,0,1,1,0,1,0

Print

Meer as 80% van skole in Limpopo het nog geen geld van die Provinsiale departement van onderwys ontvang nie. Faan Visagie, provinsiale bestuurder van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) in Limpopo, het hierdie week aan Noordelike Nuus gesê daar is skole in die Waterberg Distrik wat nie hulle elektriesiteit en water kan betaal nie.
Sommige van die skole se bankrekenings gaan nou gesluit word omdat daar geen fondse meer in is nie. 
Visagie vertel dat beheerligame van skole moet pa staan om die situasie te beredder. Hy het spesifiek die skool op Marken genoem waar elektrisiteit en water uit skoolfondse betaal moet word. “Die Waterbergdistrik word erg geraak deur kontantvloeiprobleme by skole,” meen hy.
Intussen het Noordelike Nuus by verskeie hoofde wat verlede week ‘n vergadering met Fedsas belê het gehoor dat nog geen van die nuwe handboeke vir Gr 1, 2, 3 en 10 ontvang is nie. Handboeke wat in September bestel moes word is weens begrotingstekorte nooit bestel nie. Volgens die DA-leier in Limpopo, Desire van der Walt het die provinsiale departement R600 miljoen nodig gehad om boeke te bestel. Hulle het by die nasionale regering aansoek gedoen vir ‘n lening maar dit is afgekeur en die departement is saam met vier ander departemente onder administrasie geplaas.
Van der Walt vertel ook dat geen dienste verskaffers weens die ingryping van die Nasionale regering betaal word nie. “Niemand vat verantwoordelikheid nie. As jy met die provinsiale departement praat sê hulle net hulle hande is afgekap - dit is nou ‘n nasionale aangeleentheid.”
Visagie het bevestig dat daar tans baie frustrasie heers. Hy vertel dat sedert Ron Swartz as administrateur bedank het, die departement onbereikbaar is.
“Jy kry net nie antwoorde nie, ek praat gereeld met hoofde en hulle voel magteloos.”
Van der Walt meen dat ‘n groot gebrek aan kundigheid in die departement is. “Moet my nie verkeerd verstaan nie, daar is wonderlike, hardwerkende mense in die departement en self hulle is baie gefurstreed met die situasie. Maar daar is ook mense in posisies wat nie kundig genoeg is om die werk te doen nie. Ons kinders lei daaronder.
“Elke kind sonder ‘n handboek word ontneem van hulle grondwetlike reg tot goeie onderig. Onderwys is seker die belangrikste aspek van ‘n samelewing en hierdie kinders se toekoms en die families vir wie hulle eendag sal sorg is in gedrang.”
Intussen het dit aan die lig gekom dat verskeie onderwysers wat tydelik deur die departement aangestel is se kontrakte nie hernu sal word nie.
Die regering het ook begroot vir 200 ad hoc poste, maar het intussen aangekondig dat die poste opgeskort is. Poste sal voortaan deur beheerligame gevul moet word.
Visagie meen dat die departement al etlike miljoene aan skole skuld.
“Hierdie geld sal van êrens af moet kom, die minister sal moet ingryp anders gaan onderwys in hierdie provinsie werklik erg daaronder lei.”

to comment you need to login first - Login

Koshuis nou 'n plakkersnes

03 November 2011 By Jasper Raats
News: MOKOPANE - Die geboue van die Johan Nel Koshuis wat jare lank ‘n weektuiste was vir plaasseuns wat by Hoërskool Piet Potgieter skoolgegaan het, is nou ‘n vuil plakkersnes.
87 0 Comments

Groot aspirasies vir nuwe Hoërskool

23 September 2011 By Valerie Cilliers
News: LEPHALALE – Ten spyte van "logistieke rompslomp” deur die Departement van Onderwys, sê die nuut-aangestelde hoof van Lephalale Hoërskool, Jasper Louw, is hy baie opgewonde oor die uitdaging wat aan hom gestel is.
183 0 Comments

Swaar dra al aan die een kant...

13 March 2012 By Valerie Cilliers
News: Tel ‘n bietjie jou kind se skooltas op en jy sal verbaas wees oor die gewig wat hy of sy aldag moet rond dra! Noordelike Nuus het hierdie week gaan uitvind hoe swaar skooltasse kinders se ontwikkeling beïnvloed.
151 0 Comments

Potties gaan nog 'n stad word!

05 March 2012 By Jasper Raats
News: Met al die gewag wat die Premier tydens sy provinsiale rede van Lephalale gemaak het as ‘n “stad van die toekoms” het ander ontwikkelingsbrandpunte in Limpopo effe agterweë gebly.
134 0 Comments

Site Navigation

Written By

Recent Author Articles