Loop van Hoop


Date:

20 October 2011

Read:

92 1,0,0,0,0,0,0

Print

Vir hulle wat met kanker saamleef en diegene wat al die stryd teen kanker geveg en gewen het was die Survivors Ete ‘n spesiale geleentheid om die aand af te skop. Hulle kon hul ‘Survivor’ skouerbande met trots dra toe hulle na afloop van die ete die voortou met die Groot Loop geneem het.
Die lopery was soos gewoonlik een groot geselligheid, met maatskappye en instansies wat ruim bygedra en deelgeneem het. Een van die hoogtepunte was die Healthzone spinathon. Hulle het altesaam R18 437 ingesamel. Nege besighede het elk ‘n fiets geborg en vir elke minuut wat iemand getrap het R5 geskenk. Die besighede was EL Auto, Gilbertson, Torga Optical, Ismael’s Hardeware, MGM Landrover, Ipex Petroleum, Talisman Tool Hire, Nieu-Metro en Furn 4 U. Teen Saterdagoggend was die dorp se vasbyters stokflou, maar hulle kon met trots sê dat hulle die stryd teen kanker end-uit ondersteun het. Altesaam 132 spanne het hierdie jaar aan die Loop van Hoop deelgeneem.

to comment you need to login first - Login

Skryf nóú in en Loop vir Hoop

23 September 2011
News: MOKOPANE - Die Loop van Hoop Mokopane se datum kom nou vinnig nader en die opgewondenheid is groot oor hierdie jaarlikse hoogtepunt wat op 14 en 15 Oktober van 18h00 tot 06h00 by Hoërskool Piet Potgieter se sportvelde plaasvind.
37 0 Comments

Loop vir Hoop

14 October 2011
News: MOKOPANE – Die Loop van Hoop skop vanaand om 18h00 by Hoërskool Piet Potgieter af. Honderde mense gaan in spanverband deelneem aan hierdie jaarlikse hoogtepunt op die Mokpane kalender.
57 0 Comments

Motorfietsfees vir oupas en oumas!

10 November 2011
News: MOKOPANE - Die afgelope naweek se Brille & Pille Wiele Fees was ‘n reuse sukses, selfs beter as vorige jare, sê Bennie Venter, een van die organiseerders van die jaarlikse motorfietssaamtrek ten bate van die Piet Potgieter Monument Tehuis.
83 0 Comments

Gesin verloor alles in brand

20 October 2011 By Marie Hurter
News: LEPHALALE - Die tuiste van Mof en Minnie Venter op hul safariplaas Adansonia anderkant die Tafelkoppe, is Maandagmiddag deur ‘n verwoestende brand uitgewis. Daar is nog geen duidelikheid oor hoe die brand ontstaan het nie, maar volgens ooggetuies was die huis binne 15 minute heeltemal afgebrand.
99 0 Comments

Koshuis nou 'n plakkersnes

03 November 2011 By Jasper Raats
News: MOKOPANE - Die geboue van die Johan Nel Koshuis wat jare lank ‘n weektuiste was vir plaasseuns wat by Hoërskool Piet Potgieter skoolgegaan het, is nou ‘n vuil plakkersnes.
87 0 Comments

Site Navigation

Written By

Recent Author Articles