Groot aspirasies vir nuwe Hoërskool


Date:

23 September 2011

Read:

183 0,0,1,0,0,0,0

Print

LEPHALALE – Ten spyte van "logistieke rompslomp” deur die Departement van Onderwys, sê die nuut-aangestelde hoof van Lephalale Hoërskool, Jasper Louw, is hy baie opgewonde oor die uitdaging wat aan hom gestel is.
Dié parallel medium skool sal tydens die 2012 skooljaar Graad 8 en 9 leerders kan akkommodeer en inskrywings kan tot verdere kennisgewing by Laerskool Bosveld Primary gedoen word.
Volgens 'n woordvoerder van die Departement sal die skool eers in 2013 Graad 10 en 11 kan akkommodeer en dan teen 2014 sy eerste groep Graad 12 leerders.
Louw het die week aan Noordelike Nuus gesê dat daar nog baie min stuktuur in plek is, maar dat hy kans sien vir die uitdaging om die skool binne die eerste paar jaar onder die Top 20 akademiese skole die provinsie te omskep.
“Akademie is vir my die nommer een prioriteit en ek is bereid om hard te werk om van die skool ‘n sukses te maak,” sê Louw.
Intussen kon Noordelike Nuus ook verneem dat ‘n waarnemende hoof vir Lephalale Laerskool, ook ‘n parallel-medium skool, wat tans op die hoek van Ramathlodi en Boerboon Straat in Onverwacht gebou word, aangestel is. Volgens die Departement van Onderwys sal 'n ene M.P Maboga as hoof waarneem vir die skool wat nou reeds registrasies aanvaar vir Graad 1 -7 leerders vir Januarie 2012.

to comment you need to login first - Login

Nuwe reëls by D’Nyala

18 March 2012 By Marie Hurter
News: LEPHALALE - Dagbesoekers is steeds baie welkom in D’Nyala Natuurreservaat, aldus media skakeloffisier van die Departement van Omgewingsake en Toerisme, Joshua Kwapa.
44 0 Comments

Nog R47 000 vir Pippie

18 March 2012 By Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - Sowat 450 mense het Saterdag se Noodsangfees ten bate van Isabella Kruger (Pippie) by die Boskroeg in Lephalale bygewoon. Net meer as R47 000 is tydens die geleentheid vir die “Pippie se gesiggie” fonds ingesamel.
102 0 Comments

Luiperdman op hok!

11 October 2011
News: LEPHALALE - As jy verlede Saterdagoggend gaan inkopies doen het by Lephalale Square, kon jy die geleentheid kry om ‘n luiperdman in ‘n vanghok se naam nog verder te plank deur hom met eiers te gooi.
90 0 Comments

Nuwe skool betree die 21ste eeu

18 March 2012 By Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - Vergeet van swaar tasse rondsleep en handboeke wat wegraak. Lewensgeluk Opvoedkundige Hulpsentrum het aan die begin van 2012 sy deure in Lephalale oopgemaak met die doel om leerders hier toe te rus met die nuuste tegnologie wat tans aan skole beskikbaar is.
60 0 Comments

New airport for Lephalale on the cards

27 January 2012
News: LEPHALALE - With an increasing number of tourists visiting the Waterberg and the potential growth of Lephalale as a major economic hub in the province, the provincial department of transport announced that it will conduct a feasibility study to determine whether there is a need for a commercial airport in Lephalale.
156 0 Comments

Site Navigation

Written By

Valerie Cilliers

Valerie Cilliers is a qualified radio journalist who moved to Lephalale in 2010 where she now lives with her husband, four children and three dogs. She grew up in Durban and studied Communication at the University of the North West. Cilliers is an avid Sharks supporter and loves living in the Bushveld.

Recent Author Articles