Almal hardloop laat dit klap!

Date:

27 January 2012

Read:

191 0,3,2,4,0,0,2

Laerskool Bosveld Primary se Loerie en Valke spanne het mekaar Dinsdag die stryd aangesê, terwyl Laerskool Krugerpark se Blesbokke, Rooibokke en Springbokke mekaar die stryd op die baan, veld en pawiljoen aangesê het. Van die omgewing se Laerskole ding Saterdag vriendskaplik mee op die atletiekvelde van Laerskool Krugerpark terwyl Hoërskole aan ‘n vriendskaplike byeenkoms by Hoërskool Hans Strijdom gaan deelneem. Hier is 'n paar foto's van atlete, Fotos deur Ockert van der Westhuizen

to comment you need to login first - Login

Pottiekaners oefen fluks!

09 February 2012 By Jasper Raats
News: Hoërskool Piet Potgieter se atlete mis nie ‘n enkele geleentheid om hul vaardighede en vernuf vir Interhoër te slyp nie. Hulle het Saterdag in Louis Trichard deelgeneem en neem Vrydag (Vandag) deel teen Nylstroom en Saterdag (more) aan die area byeenkom op Hoërskool Hans Strijdom se velde in Mookgophong. Die skool se top tien atlete sien tans soos volg daaruit: Soretha Kruger o/15, Simoné v Wyk o/17, Kagiso Magongoa o/17, Ashley Coleman o/14, Thabang Posa o/19, Gerald Kekana o/19, Solly Mokwena 0/19, Nita-Marie Nel o/16, Carmen Badenhorst o/19 en James Marais o/19.
7 0 Comments

Groot aspirasies vir nuwe Hoërskool

23 September 2011 By Valerie Cilliers
News: LEPHALALE – Ten spyte van "logistieke rompslomp” deur die Departement van Onderwys, sê die nuut-aangestelde hoof van Lephalale Hoërskool, Jasper Louw, is hy baie opgewonde oor die uitdaging wat aan hom gestel is.
155 0 Comments

‘n Passie vir vinnige karre!

11 October 2011 By Jasper Raats
Sport: MOKOPANE - André Coetzer is een van omtrent 30 renjaers wat minstens een keer per maand in hul witwarm renmotors by die Bosveld Oval buite Mokopane bymekaarkom en dan die teer oprol in die stryd om eerste verby die blokkiesvlag te jaag. Hy het hierdie week met Noordelike Nuus oor motorresies en sy drome gesels.
41 0 Comments

Loop van Hoop

20 October 2011 By Jasper Raats
News: Die Mokopane Loop van Hoop wat Vrydagaand by Hoërskool Piet Potgieter aangebied is was ‘n reuse sukses. Teen die Noordelike Nuus se druktyd Woensdag kon die organiseerders bevestig dat daar reeds R132 000 in Kansa se rekening inbetaal is, maar het daarop gewys dat daar nog groot bedrae is wat inbetaal moes word. Dit sluit die winste van baie van die kosstalletjies in.
70 0 Comments

Site Navigation

Written By

Recent Author Articles