Mikayla gaan huis toe!


Date:

27 January 2012

Read:

72 3,3,1,7,1,2,2

Print

Mikayla Robbertse (5) maak goeie vordering en sal dalk binne die volgende week huis toe kan gaan. Sy is in Desember twee keer deur ‘n  Mozambiekse spoegkobra op die hand en elmboog gepik.
Maandag kon die kleuter haar voog en ouma, Charmain Robbertse, vir die eerste keer in vyf weke ‘n drukkie met altwee armpies gee. Vel is van Mikayla se rug en bobeen geneem en op haar arm en hand oorgeplant waarna haar hand aan haar lies vasgewerk is om weefsel groei te bevorder. Die handjie is Maandag losgesny en die dokters is tevrede met Mikayla se vordering.
Alhoewel daar nog so 18 maande se  operasies, physioterapie en mediese behandeling voorlê, sal Mikayla vir eers terug huis toe kan kom na Lephalale toe.
Intussen het Robbertse laat weet dat Murray & Roberts se bestuur aangebied het om Mikayla se nasorg by hul privaatkliniek in Lephalale te behartig.
Tswane Place of Safety, wat die ondersteuningsfonds vir Mikayla administreer het laat weet dat ‘n weldoener die Montana Hospitaal rekening vir Mikayla ten volle betaal het. Die bank besonderhede vir diegene wat wil bydra tot se mediese onkostes is: Kings Grace (
Nedbank Castle Walk (takkode 151745)
Rek nr: 1017496595 (Ref: Kayla Robbertse).

to comment you need to login first - Login

Nog operasies vir Mikayla

20 January 2012 By Helena Raats
News: Die ooreenkoms tussen Joliene en Mikayla se gevalle stem baie ooreen. Beide is in hul bed twee keer deur ‘n Mozambiekse spoegkobra gepik. Beide was binne ‘n halfuur by die hospitaal gewees.
129 0 Comments

Mikayla by die huis!

09 February 2012 By Helena Raats
News: LEPHALALE- Dapper klein Mikayla Robbertse wat net voor Kersfees verlede jaar deur ‘n Mosambiekse spoegkobra in haar bed gepik is, is weer terug op eie bodem. Mikayla is Saterdag by die Palm Park Hotel met ope arms en geskenke deur inwoners van Lephalale verwelkom.
43 0 Comments

Tiener piekfyn na kobra haar twee keer pik

20 January 2012 By Helena Raats
News: Blitse optrede het vir Joliene van Dyk (14), ‘n Graad 8-leerling van Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi, maande se operasies en terapie gespaar nadat sy in die vroëe oggendure van 9 Januarie twee keer deur ‘n Mozambiekse spoegkobra in haar bed gepik is.
91 0 Comments

Mikayla: “Ouma, is daar nog ‘n buite?”

12 January 2012 By Helena Raats
News: “Ouma, is daar nog ‘n buite?” So het Mikayla Robbertse, die vyf-jarige kleutertjie wat op 19 Desember 2011 deur ‘n Mozambiekse spoegkobra gepik is, verlede week gevra nadat sy al verskeie pynlike operasies en veloorplantings ondergaan het.
292 0 Comments

Slangteengif op plase?

12 January 2012 By Helena Raats
News: Na Mikayla se geval het baie boere in die Noordelike Nuus se lesersgebied navrae aan die koerant gerig rakende slang teengif en die moontlikheid om dit op plase aan te hou.
243 0 Comments

Site Navigation

Written By

Recent Author Articles