Pienk vir Pippie!


Date:

27 January 2012

Read:

414 6,8,6,53,6,5,12

Print

LEPHALALE - Die nuus oor die twee-jarige Isabella (Pippie) Kruger van Lephalale wat op Oujaarsaand erg verbrand het toe ‘n bottel vuuraansteekmiddel naby haar ontplof het, het mense landswyd aan die bid. Ter ondersteuning van klein Pippie het duisende weldoeners onderneem om  vandag (Vrydag) pienk te dra. 
Sangers Bobby en Karlien van Jaarveld, asook Karen Ferreira, het hierdie week ook ingestem om ‘n konsert ten bate van die “Pippie se gesiggie fonds” hier in Lephalale se Mogolsaal aan te bied. Die konsert word vir 18 Februarie beplan, hou gerus die Noordelike Nuus dop vir meer inligting of skakel die organiseerder Elize Swart by 072 340 9016. Elize het saam met Pippie se ma, Anice Kruger, grootgeword en staan haar vriendin by.
Hoe gaan dit met Pippie?
Anice vertel dat sy wonderlike vordering maak. “Haar hartjie en niere het mooi herstel en selfs die infeksie is baie minder. Ons sukkel egter om haar rooibloedligaamtelling hoër te kry. Pippie se wonde is weer Woensdag in teater skoongemaak en sy het baie bloed verloor.”
Die dapper klein dogtertjie is Donderdagoggend weer teater toe, hierdie keer om die asemhalingstoestel waaraan sy die afgelope maand gekoppel was, te verwyder. Sy moes ‘n tracheostomie ondergaan om haar weer te leer asem haal.
Hoe kan ek help?
Die ‘Pippie se Gesiggie fonds’ sal binnekort in ‘n Trust omskep word. “Ons is besig om met prokureurs te gesels om ‘n Trust op te stel om uiteindelik ook ander kinders wat gebrand het te help,” vertel Anice. Die rekening besonderhede is: 
C. A. Kruger, ABSA Bank – Ellisras. Spaar rek: 147 816 9228 of stuur ‘n SMS met die woord ‘pippie’ na 38008 om ‘n R10 donasie te maak.
(Die poskantoor rekening se geld word na die trustfonds oorgeskuif en is dus nie meer in gebruik nie.)

to comment you need to login first - Login

Isabella steeds kritiek

20 January 2012 By Valerie Cilliers
News: Isabella Kruger of Pippie, soos die twee-jarige dogtertjie bekend is aan haar familie en vriende, veg steeds dapper waar sy sedert die begin van Januarie in die Garden City Hospitaal in Brixton vir derde graadse brandwonde oor 80% van haar lyfie behandel word.
470 0 Comments

Isabella (2) veg voort na vuur-ongeluk

12 January 2012 By Valerie Cilliers
News: Ek wens ek kon vir iemand kwaad wees, maar dit was ‘n fratsongeluk .” So beskryf Anice Kruger die tragiese gebeure van Oujaarsaand op hulle plaas, Friesland, net buite Lephalale waar Kruger se twee-jarige dogtertjie, Isabella, derde graadse brandwonde oor 80% van haar ligaampie opgedoen het.
456 0 Comments

Vroue staan saam teen kanker

30 September 2011 By Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - As deel van die KANSA Cuppa inisiatief het die Lephalale KANSA- tak Saterdag ‘n damestee aangebied. Met pragtige gedekte tafels en heerlike gebak het die vroue van Lephalale die kans gehad om saam te kuier.
80 0 Comments

New airport for Lephalale on the cards

27 January 2012
News: LEPHALALE - With an increasing number of tourists visiting the Waterberg and the potential growth of Lephalale as a major economic hub in the province, the provincial department of transport announced that it will conduct a feasibility study to determine whether there is a need for a commercial airport in Lephalale.
59 0 Comments

Mikayla by die huis!

09 February 2012 By Helena Raats
News: LEPHALALE- Dapper klein Mikayla Robbertse wat net voor Kersfees verlede jaar deur ‘n Mosambiekse spoegkobra in haar bed gepik is, is weer terug op eie bodem. Mikayla is Saterdag by die Palm Park Hotel met ope arms en geskenke deur inwoners van Lephalale verwelkom.
43 0 Comments

Site Navigation

Written By

Valerie Cilliers

Valerie Cilliers is a qualified radio journalist who moved to Lephalale in 2010 where she now lives with her husband, four children and three dogs. She grew up in Durban and studied Communication at the University of the North West. Cilliers is an avid Sharks supporter and loves living in the Bushveld.

Recent Author Articles