Is ons dan in Dullstroom?


Date:

28 October 2011

Read:

43 0,0,0,0,0,0,0

Print

Besoekers aan Machauka Lodge sal vergewe word as hul Saterdag gedink het dié spogherberg en eetplek is in ‘n forelplaas omskep. Leo’s Sport het vlieghengelinstrukteur, Hannes Venter, ingebring om ‘n paar plaaslike manne en vroue kom touwys maak in die fynere kunsies van vlieghengel. Sarel Haasbroek, eienaar van Leo’s Sport sê mense wat hierdie slypskool misgeloop het moenie bekommerd wees nie, dit is maar die eerste van sy soort wat Leo’s gaan aanbied. Die eerste kursus is bloot ‘n bekendstelling aan vlieghengel en voornemende en ervare vlieghengelaars kry ‘n teoretiese oorsig oor vlieghengeltoerusting, word geleer om ‘n vlieglyn te gooi en kry dan nog ‘n klaskamerles oor entimologie en watter kunsvlieë gebruik word om watter insekte na te boots.

to comment you need to login first - Login

Nuwe reëls by D’Nyala

18 March 2012 By Marie Hurter
News: LEPHALALE - Dagbesoekers is steeds baie welkom in D’Nyala Natuurreservaat, aldus media skakeloffisier van die Departement van Omgewingsake en Toerisme, Joshua Kwapa.
44 0 Comments

Groot aspirasies vir nuwe Hoërskool

23 September 2011 By Valerie Cilliers
News: LEPHALALE – Ten spyte van "logistieke rompslomp” deur die Departement van Onderwys, sê die nuut-aangestelde hoof van Lephalale Hoërskool, Jasper Louw, is hy baie opgewonde oor die uitdaging wat aan hom gestel is.
184 0 Comments

Pottiekaners oefen fluks!

09 February 2012 By Jasper Raats
News: Hoërskool Piet Potgieter se atlete mis nie ‘n enkele geleentheid om hul vaardighede en vernuf vir Interhoër te slyp nie. Hulle het Saterdag in Louis Trichard deelgeneem en neem Vrydag (Vandag) deel teen Nylstroom en Saterdag (more) aan die area byeenkom op Hoërskool Hans Strijdom se velde in Mookgophong. Die skool se top tien atlete sien tans soos volg daaruit: Soretha Kruger o/15, Simoné v Wyk o/17, Kagiso Magongoa o/17, Ashley Coleman o/14, Thabang Posa o/19, Gerald Kekana o/19, Solly Mokwena 0/19, Nita-Marie Nel o/16, Carmen Badenhorst o/19 en James Marais o/19.
40 0 Comments

Site Navigation

Written By

Recent Author Articles