Vroue staan saam teen kanker


Date:

30 September 2011

Read:

105 0,0,1,0,0,0,0

Print

LEPHALALE - As deel van die KANSA Cuppa inisiatief het die Lephalale KANSA- tak Saterdag ‘n damestee aangebied. Met pragtige gedekte tafels en heerlike gebak het die vroue van Lephalale die kans gehad om saam te kuier.
Plaaslike kunstenaars Karien van Niekerk en Elana Greyling het die gehoor vermaak met pragtige musiek en voordrag wat die gehoor laat skaterlag het. 
Gasspreker vir die geleentheid was die digter Jeanetta Kannenberg, of Saphira soos sy bekend staan. Kennenberg wat weens retinitis pigmetosa haar sig verloor het dig al vandat sy 11 jaar oud is. Sy het reeds drie digbundels gepubliseer en is bekend vir haar “Husse met lang ore” reeks.
Kannenberg het Saterdag vertel hoe sy eendag besluit het om iets te doen wat haar bang maak om daardeur trauma in haar lewe te verwerk. Toe sy hoor dat daar Belly-dancing klasse naby haar huis aangebied word was sy bang genoeg om die geleentheid aan te gryp. Sy was egter nie lus vir Indiese musiek nie en het haar belly dancing op boermusiek leer doen.
Dit is juis dié danse wat sy Saterdag met die vroue van Lephalale kom deel het.
“Ek het natuurlik eers die Here se toestemming gevra  en nadat hy baie vir my gelag het, het Hy gesê ek kan maar my belly dancing voor mense doen,” het sy Saterdag vertel. Dat ‘n vrou se sensualiteit ‘n geskenk van God is, dat jy met jou hart moet kyk en nie jou oë nie is maar van die gedagtes waarmee vroue na die verrigtinge huistoe kon gaan om te oordink.

Meer oor Kansa
KANSA is reeds vir 80 jaar aan die voorpunt van die stryd teen kanker in SA en bied holistiese kanker sorg en ondersteuning. Dié nie-regerings organisasie rig vrywilliger-gedrewe omgeegroepe in ‘n dorp op om pasiente en hulle families by te staan. KANSA Lephalale voorsitter, Marika van Zyl vertel dat die KANSA tak weer in April hierdie jaar sy deure in Lephalale oopgemaak. “Ek sal so bly wees as iemand weet van enige Kanker pasient wat nog nie by ons aangemeld is nie sodat ons die pasiënt kan besoek vir ondersteuning.”
Kontak haar by 082 824 6286 of skakel KANSA Mokopane voorsitter Estelle Diederiks by 082 52 08458.

to comment you need to login first - Login

Nog R47 000 vir Pippie

18 March 2012 By Valerie Cilliers
News: LEPHALALE - Sowat 450 mense het Saterdag se Noodsangfees ten bate van Isabella Kruger (Pippie) by die Boskroeg in Lephalale bygewoon. Net meer as R47 000 is tydens die geleentheid vir die “Pippie se gesiggie” fonds ingesamel.
102 0 Comments

Loop vir Hoop

14 October 2011
News: MOKOPANE – Die Loop van Hoop skop vanaand om 18h00 by Hoërskool Piet Potgieter af. Honderde mense gaan in spanverband deelneem aan hierdie jaarlikse hoogtepunt op die Mokpane kalender.
57 0 Comments

Stem vir Lephalale!

29 April 2012
News: Stem vir Lephalale! Lephalale is verlede Sondag aangewys as een van Limpopo Provinsie se streekfinaliste, saam met Modimolle en Hoedspruit, in Rapport en Kwêla se jaarlikse Dorp van die Jaar-kompetisie. Mense het nou kans om te stem tot Dinsdag 1 Mei om 12h00. Die wendorp van Limpopo word bekend gemaak op 10 Junie in Rapport en op 13 Junie op Kwêla (Kyknet). SMS LEPHALALE na 33157 en hou Noordelike Nuus dop.
44 0 Comments

New airport for Lephalale on the cards

27 January 2012
News: LEPHALALE - With an increasing number of tourists visiting the Waterberg and the potential growth of Lephalale as a major economic hub in the province, the provincial department of transport announced that it will conduct a feasibility study to determine whether there is a need for a commercial airport in Lephalale.
156 0 Comments

Site Navigation

Written By

Valerie Cilliers

Valerie Cilliers is a qualified radio journalist who moved to Lephalale in 2010 where she now lives with her husband, four children and three dogs. She grew up in Durban and studied Communication at the University of the North West. Cilliers is an avid Sharks supporter and loves living in the Bushveld.

Recent Author Articles